Huisgenoot

Ouers en hul volwasse kinders

-

Huisgenoot berig oor hoe baie kinders dit oorweeg om hul gemene ouers finaal die rug toe te keer (Dán mag jy jou ouers afskryf, 2 Junie).

My kinders skel, tart en misbruik my. Ek is net goed genoeg om geld te gee en vir hulle goed te koop. Hul pa maak hulle op teen my en kryt my as sleg uit.

Mag ek hulle afskryf? WAAR IS DIE LIEFDE?

Ons is in die bevoorregt­e posisie om te kan sê ons het ’n wonderlike verhouding met ons kinders.

Al verskil ons dikwels in ons sienings, bly ons beste vriende. Ek wens ons kon nader aan hulle woon.

Ons mis ons kleinkind ook te veel, al sien ons haar elke vakansie. Elke grootouer sal weet hoe hulle jou hart met liefde vul.

Moenie jou kinders te veel pla met klagtes en verwyte nie. Hulle het hul eie lewe om te lei en besluite om te neem.

Help waar jy kan, gee liefde en luister; moenie ’n laspos van jou maak nie. Kinders moet weet ouers is altyd daar vir hulle.

Die laaste skof van ons lewe wil ons met ons kinders en kleinkind deel.

Ons sê elke dag: Dankie, Vader, vir wonderlike kinders wat omgee en ons elke dag bel. GESEËND

hou op om jul volwasse kinders te misbruik en te manipuleer. Hou op om van hulle bediendes te maak. MORIA

Toe ek klein was, het my stiefpa my gemolestee­r en ek het by my oupa en ouma ingetrek.

Die volgende vier jaar moes ek gedurig by my ouma hoor ek is ’n weggooikin­d en niemand wou my hê nie.

In al die jare het ek my ouma en oupa deurentyd net met die grootste respek behandel.

Ek was meer vir hulle ’n kind as wat hul eie kinders was. Maar ek het nooit liefde terugontva­ng nie.

Ek is vanjaar 40 jaar oud en het eindelik besef ’n mens moet maar liefs ’n bietjie afstand van ander mense hê. GENOEG

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa