Ons droomindroom in kle kleurr
DIS alomteenwoordigl t di i in ons lewe. Dit verander gedurig die manier waarop ons werk, leer, oefen, sosialiseer. Kortom, ons hele bestaan. Ja, ons praat van tegnologie. Maar ons het darem nog beheer oor ons eie brein, of hoe? Dink weer, sê die wetenskaplikes. Dit blyk nou die tegno-revolusie beïnvloed ook ons belangrikste orgaan.
Die verskynsel waar jou brein hom vernuwe, staan as neuroplastisiteit bekend. Jou brein kan homself in wese “herprogrammeer” om aan te pas by die tegnologie waaraan jy dit blootstel. “Veral kinders se brein is kwesbaar hiervoor,” sê Jessica Rice, ’n kliniese sielkundige van Johannesburg. “Omdat dit nog ontwikkel en buigsaam is, kan gereelde blootstelling aan tegnologie dit op verskillende maniere laat aanpas.”
Dit beteken jou brein vang elke bietjie tegnologie op waaraan jy dit blootstel. Jy y kan nie daardie laatnag-Snapchatboodskappe,b die Facebook-kuiers, die vroegoggend-e-possev van jou baas en ure voorv die kassie van jou brein wegsteek nie.nie Die breinb neem kennis en verander as gevolg daarvan.
Kom ons kyk ’n bietjie hoe tegnologie ons grysstof herprogrammeer – die goed en ook die sleg.
Ons geheue is swakker
Die oormaat inligting moes iewers sy tol eis – en dit het ons geheue as teiken gekies. Ons onvermoë om te kan onthou het nou selfs ’n naam: die Google-effek, of “digitale geheueverlies”.
Dis so genoem deur die professore wat in 2011 navorsing aan die Columbia-universiteit in New York onderneem het. Hulle het bevind ons onthou minder inligting omdat ons weet ons kan alles met ’n eenvoudige soektog aanlyn opspoor.
Openbarevervoerroosters, ons gebiedskodes of ons gunstelingakteur se ouderdom – noem maar op, ons google dit bloot.
“Die internet het ’n eksterne geheuebron geword waartoe ons enige tyd toegang het,” verduidelik een sielkundige. Mense wat in ’n era van swart-wit TV grootgeword het, het waarskynlik in mono chroom (oftewel grysskaal) gedroom. En hul kleinkinders behoort veelkleurige drome te hê danksy kleurtelevisie. Dis die bevinding van navorsers aan die Universiteit van Dundee in Skotland, wat in 2008 die drome van mense van verskillende eras bestudeer het.
Hulle meen grysskaaldrome kom net voor onder mense wat gereeld aan swartwit skerms blootgestel is.
Ons weet ietsie van alles
Dertig jaar gelede sou jy afsit biblioteek toe en ’n boek oopslaan om ’n antwoord op ’n vraag te vind. Nou gee ’n vinnige Google-soektog jou ’n Wikipedia-blad oor die onderwerp, en binne sekondes is jou nuuskierigheid geblus.
Maar, maan wetenskaplikes van die