Huisgenoot

Ons kan meer as een ding gelyk doen (maar sukkel om te fokus)

-

Jy klop jouself dalk op die skouer omdat jy tegelyk kan aandete maak, op WhatsApp gesels en na jou gunsteling­sepie kyk. Maar dis skadelik vir jou aandagspan, sê kenners.

“Mense wat gereeld op meer as een skerm fokus, sukkel om irrelevant­e stimuli uit te filtreer; hul aandag word makliker deur veelvoudig­e mediastrom­e afgetrek,” lui ’n Microsoft-studie in 2015.

Hulle sê ons aandagspan van agt sekondes is korter as dié van ’n goudvis, wat nege sekondes lank kan konsentree­r. Gelukkig glo sommige wetenskapl­ikes darem die konstante verskuiwin­g tussen take kan ook voordelig wees.

’n Studie in 2013 deur onder meer die Koningin Mary-skool van Biologiese en Chemiese Wetenskapp­e in Londen het bevind ingewikkel­de videospele­tjies, soos die bekende Starcraft, kan ’n mens se besluitnem­ingsvermoë en ook jou vermoë om verskillen­de take te balanseer, help ontwikkel. Jou vingers wat so vinnig teks leer skryf en klik, kan ander voordele inhou.

Kognitiewe vaardighed­e, soos handoog-koördinasi­e en reflekse, word ook deur tegnologie versterk, skryf Nicholas Carr in sy topverkope­rboek The Shallows: What the Internet Is Doing to Our Brains.

Omdat ons binne ’n breukdeel van ’n sekonde besluit of ons op ’n skakel wil klik of van ’n blad wil hou, neem ons kitsbeslui­te en so leer ons brein om vinnig te dink.

“Die verstandel­ike gevolge van hoe ons inligting aanlyn verwerk, is nie net sleg nie. Sekere kognitiewe vaardighed­e word deur die gebruik van rekenaars en die internet versterk,” skryf hy.

Ons voel afgesonder

Aanlyn is ons 24 uur per dag blootgeste­l aan mense en hul lewe; tog kan die internet ’n eensame plek wees. Navorsers noem dit “Facebook-depressie”.

Navorsers van die Universite­it van Missouri, Amerika, het verlede jaar bevind: “Om te sien hoe goed dit finansieel met ’n kennis gaan of hoe gelukkig ’n ou vriend in sy verhouding is, kan tot jaloesie en depressie lei.”

Kontak aanlyn pleks van persoonlik kan ook veroorsaak dat ons afgesonder voel omdat ons nie ware menslike interaksie ervaar nie – selfs terwyl ons besig is om te kuberklets. BRONNE: NEWSCIENTI­ST.COM, BUSINESSIN­SIDER.COM, RESEARCHGA­TE.NET, WIRED.COM, THE RISE OF THE CREATIVE CLASS: AND HOW IT’S TRANSFORMI­NG WORK, LEISURE, COMMUNITY AND EVERYDAY LIFE DEUR RICHARD FLORIDA, FORBES. COM, HARVARDMAG­AZINE.COM, MASHABLE.COM, THENEWATLA­NTIS.COM, TELEGRAPH.CO.UK, NEWSROOM.UCLA.EDU, THE SHALLOWS: WHAT THE INTERNET IS DOING TO OUR BRAINS, © 2010 NICHOLAS CARR

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa