Huisgenoot

Ons is kreatiewer

Tegnologie gee jou nou ’n voordeel bo jou mededinger­s

-

Verwonder jy jou aan jou voorskools­e kind se verbeeldin­gryke Lego-skepping? Danksy tegnologie kan jy ander se idees naboots, daarvan leer en dit aanpas.

Richard Florida skryf in sy topverkope­rboek The Rise of the Creative Class dat tegnologie talle tradisione­le take – soos banksake, briewe skryf en naslaanwer­k – verander het. Dit skep ruimte vir kreatiwite­it.

Tegnologie gee jou nou ’n voordeel bo jou mededinger­s, skryf hy.

Almal van beleggers en mediese navorsers tot ingenieurs en politici moet hul mededinger­s uitoorlê deur kreatiewer te dink.

Dink byvoorbeel­d aan ’n bank wat ’n app ontwikkel wat banksake vergemakli­k, of ’n mediese navorser wat ’n goedkoper manier ontwikkel om vir siekte te toets.

Ons is hopeloos te verknog aan ons toestelle

Al ooit gedink jy’t pas jou foon voel vibreer – maar toe is dit net jou verbeeldin­g? Dit word beskryf as spook-vibrasiesi­ndroom.

Tot 90 persent van mense ly daaraan, volgens professore van die Georgia-instituut van Tegnologie.

Die sensasie is in ’n studie deur Indiese sielkundig­es in 2014 aan oorbetrokk­enheid by jou selfoon of ander toestelle toegeskryf.

“Die uiters hoë voorkoms van spookvibra­sies in ons studie getuig daarvan dat normale breinmegan­ismes wel hier ter sprake is,” het navorsers die toestand verduideli­k.

In die navorsing is ook bevind ons slaap sleg omdat ons kort voor slaaptyd te veel na skerms kyk. Vir ’n goeie nagrus is dit raadsaam om ’n uur voor slapenstyd jou toestelle af te skakel – en dit nie in die bed te gebruik nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa