Huisgenoot

‘It’s just a job. Grass grows, birds fly, waves pound the sand. I beat people up’

-

der leiding van die topafrigte­r Angelo Dundee in Miami het hy eindelik ’n beroepsbok­ser geword.

In Miami het Cassius onder die invloed van Malcolm X se swartMosle­m-vryheidsbe­weging Islam as geloof aangeneem en sy naam na Muhammad Ali verander. Die legende is gebore. Een van sy grootste oorwinning­s was toe hy vroeg in sy loopbaan, in 1964, die destydse swaargewig­wêreldkamp­ioen, Sonny Liston, in die eerste ronde uitslaan, vertel Nick.. Muhammad het toe nog net 15 boks- gevegte agter die rug gehad; Sonnyy was verreweg die gunsteling. “Soveel l mense het vooraf gevra wie is hierdie e jong kind wat sê hy gaan Sonny Listonn uitslaan.”

Sy eerste groot omstredenh­eid het t gevolg toe die weermag, wat hom m vroeër afgekeur het, hom wou oproepp om in die oorlog in Viëtnam te veg. Muhammad het geweier en ’n lang hofstryd het gevolg om hom uit die tronk te hou.

Hy ken nie die Viëtnamese nie, het hy verklaar. Dis mede-Amerikaner­s – nie Viëtnamese nie – wat hom as swart mens onderdruk. “Hy het sy wêreldtite­l daarvoor prysgegee en ek dink baie mense respekteer hom daarvoor,” vertel Gert.

Maar as daar een oomblik was toe die hele wêreld van Muhammad kennis geneem het, was dit met sy epiese stryd teen George Foreman in The Rumble in the Jungle. Die geveg is in 1974 in die destydse Zaïre gehou en was een van die grootste sportoombl­ikke van die 20ste eeu. George was die wêreld se onoorwonne swaargewig­kampioen en Muhammad het hom in die agtste ronde uitgeslaan.

“Hy moes George Foreman nooit in sy lewe geklop het nie, maar hy het hom takties uitoorlê en George het moeg geraak,” sê Gert. “Hy was op die ou einde so moeg dat Muhammad hom eenvoudig uitgeslaan het, maar dit was uit die staanspoor sy plan.”

Hy was veral beroemd vir sy pittige, dikwels astrante sêgoed. Dit was baie selde dat iemand die laaste woord in ’n rusie met Muhammad kon inkry.

Later jare is die storie wyd vertel oor die eenkeer toe ’n lugwaardin hom op sy plek gesit het. Muhammad was op ’n vliegtuig toe sy hom beveel om sy sitplekgor­del vas te maak.

“Superman het g’n sitplekgor­del nodig nie,” het Muhammad gestry.

“Ja, maar Superman het ook nie vliegtuig nodig nie,” het sy teëgekap.

A’n GTER die opstoppers en gevatte opmerkings was daar ook maar privaat dramas. Hy was vier keer getroud en het minstens nege keer pa geword; twee kinders is buite-egtelik verwek. Hy laat ’n ingewikkel­de nalatenska­p na wat “dreig om sy erfenis te bevlek”, berig die Daily Telegraph.

Conrad vertel terwyl hy by die boksheld in Beverly Hills gekuier het, het Muhammad hom gevra om nie sy kinders af te neem wat in die swembad baljaar het nie. Die koerantman het dit gerespekte­er en aangeneem dit is omdat die ikoon sy kinders teen omstredenh­eid wou beskerm.

Familieled­e het veral vasgesit met sy laaste vrou, Yolanda “Lonnie” Williams. Lonnie en Muhammad is in 1986 getroud en sy het sy voltydse verpleegst­er Op dié foto’s sien ’n mens ’n man wat die einde van sy lewe nader, afgetakel deur ’n 32 jaar lange stryd teen ’n siekte wat hom beroof het van sy stem en ratse beweging, dit wat hom een van die opwindends­te sportmense ter wêreld gemaak het.

Tog vang die laaste amptelike foto’s van Muhammad Ali nog die gees van The Greatest vas: Daar is ’n teken van ’n grinnik en hy lig sy vuis speels.

Zenon Texiera, ’n Britse fotograaf, het in Maart ure saam met Mohammad deurgebrin­g en die bokskoning met sy goedkeurin­g op foto’s vasgelê. geword namate sy siekte vererger het. Sy het glo haar volmag oor sy sake gebruik om “familieled­e te vervreem”, lui berigte.

Maar ten spyte van die slegte publisitei­t het Lonnie Muhammad gehelp. Hy het voorheen ’n paar keer die miljoene wat hy laat inrol het, weer verloor. Dit was sy wat hom gehelp het om sy geld beter te bestuur.

Lonnie was langs haar man se bed toe hy sterf, saam met sy dogters uit sy derde huwelik, Hana en Laila Ali.

Sy Parkinsons­iekte het hy met humor en moed getakel. “Mense sê ek is vandag veel stadiger. Dis geen verrassing nie. Ek het uitgewerk dat ek 29 000 kophoue moes vat,” het hy ’n paar jaar ná sy diagnose in die 1980’s gesê. “Wat ek fisiek moes prysgee, was die moeite werd. Kyk wat het ek bereik. ’n Man wat nie waag nie, sal in sy lewe niks bereik nie.” EKSTRA BRONNE: THE NEW YORK TIMES, THE NEW YORKER, THE DAILY TELEGRAPH, THE GUARDIAN, THE MIRROR, THE DAILY MAIL, THE SUNDAY TIMES

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa