Huisgenoot

SY SPEEL MET MY GEVOELENS

-

Ek was lank alleen ná ’n dramatiese egskeiding. Toe ontmoet ek my huidige vrou, van wie ek nou skei. Ons is gou getroud. Sy het ’n geskiedeni­s van depressie en mislukte verhouding­s en was meermale in ’n senuklinie­k. Aanvanklik het sy my laat voel ek is die oplossing vir haar probleme. Toe verlaat sy die huis skielik en beskuldig my van allerhande onwaarhede.

Ons was drie maande getroud. Ek het haar so baie lelike dinge vergewe, maar sy is gevoelloos. Wat moet ek doen? Sy het dan gesê hoe lief sy my het.

GH op HA

Wanneer ’n mens uitgehonge­r is om weer liefde te ken of ’n verhouding te hê, kan jy jou om die verkeerde redes daarin begewe. Jou behoefte om te help en iemand te red het jou dalk in ’n huwelik laat beland met iemand wat jou tot haar eie voordeel gemanipule­er het.

Haar gevoelloos­heid wys op ’n diep selfliefde. Sy het haarself wysgemaak jy tree op ’n manier op wat haar benadeel. Sy glo haar eie leuens omdat dit vir haar gerieflik is.

’n Mens stap met groot skade aan jou gemoed uit so ’n verhouding en voel gebruik. Troos jou hieraan: Die greep van die slagoffer-redder-verhouding op jou menswees kan so stewig wees dat jy jou daarteen blind staar. Jy is nie die eerste of laaste een wat in so ’n verhouding beland nie.

In ’n situasie soos dié maak jou maat jou voortduren­d haar redder, want sy is pal in haar eie oë ’n slagoffer. Maar jy word haar slagoffer en sy jou redder, want sy gee jou rede om haar weer te red. So verloop die verhouding tot jy begin standpunt inneem omdat jy weet dis nie liefde nie; dis mede-afhanklikh­eid. ’n Manipuleer­der kan sulke eerlikheid nie verduur nie en sal ’n rede vind om van jou af weg te kom.

Moenie die eerste maande ná die egskeiding sonder berading aanpak nie. Daar is baie wat jy moet verwerk sodat jy nie weer in dié strik trap nie. Baie sterkte. ’n Mens word gou oud wanneer jy aan die verlede vasklou en kan uit verveeldhe­id by ander se sake wil inmeng. Jy klink soos iemand wat nuttig wil voel en ’n bydrae wil lewer. In jou eie gesin het dit so te sê oorbodig geraak, maar weet jy hoe nodig die samelewing iemand soos jy het?

As jy net rondvra waar jy as vrywillige­r op ’n opbouende, bestendige manier ’n handjie kan bysit, sal jy gou besig begin raak.

Jy kan beslis nog vir iemand van waarde wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa