Huisgenoot

NUWE DVD’S

- Sylvester Stallone Michael B. Jordan), 2015. 122 min. 10-12O. Ware lewensdram­a. 2014. 93 min. 7-9O. 2015. 106 min. 13G. R119*. Romantiese komedie. R125*. Misdaaddra­ma. R145*.

CREED

2015. 133 min. 13TG. Sportdrama.

glip ná sowat 40 jaar gemaklik in die rol van die bokser Rocky Balboa. Maar in hierdie uitloperfl­iek is dit nie Rocky se verhaal wat vertel word nie; dis dié van ’n nuwe held, Adonis Creed ( die buite-egtelike seun van Apollo (Carl Weathers), Rocky se bekendste teenstande­r in die oorspronkl­ike rolprente. Nes sy oorlede pa word Adonis na die wêreld van boks aangetrek en hy weet die enigste manier waarop hy ooit die kruin sal bereik, is met die teësinnige Rocky as sy afrigter. Die twee het ’n wankelrige begin, maar ’n liefdevoll­e pa-seun-verhouding ontwikkel gou.

Die Oscar-benoemde Sly laat Jordan in elke gesamentli­ke toneel die kollig steel. Die jong akteur speel Adonis met die regte hoeveelhei­d durf en vasberaden­heid en kry ons dus bankvas agter hom as die buiteperd. Creed skitter ook op ’n tegniese vlak met treffende redigering, ’n gatskop-klankbaan en baanbreker­swerk met die kamera. Die regisseur, Ryan Coogler, en sy kinematogr­aaf, Maryse Alberti, skiet Adonis se eerste groot geveg as ’n aaneenlope­nde skoot van amper 10 minute. Die kamera loop dapper op die tone om die vegters terwyl hulle ’n paar baie egte houe slaan. Creed bring Rocky by ’n nuwe era in en bewys die duursaamhe­id van die reeks. – PETRUS MALHERBE

THE 33

Jy ken dalk die uiteinde van die rolprent, wat gegrond is op die ware ramp in 2010 toe 33 Chilene 69 dae lank in ’n myn vasgekeer was, maar jy sal steeds voor die skerm sit en naels kou . . . Die ingewikkel­de sielkundig­e aspekte soos uitgebeeld in die rolprentwe­ergawe is boeiend, Juliette Binoche skitter as die suster van een van die myners, en Antonio Banderas is uitstekend as die held wat die mans op oorlewing ingestel hou. – CHEZ POOL

ELSA & FRED

Ná sy vrou se dood besluit die bejaarde Fred (Christophe­r Plummer) se dogter (Marcia Gay Harden) hy moet na ’n kleiner woonstel trek. Tot sy ergernis is deel van sy nuwe bedeling ’n versorger wat bedags inkom. Die knorrige ou man kom skaars uit sy bed – tot sy vrolike buurvrou (Shirley MacLaine) hom met verdrag daar uitsleep! Ongelukkig ly sy aan ’n ongeneesli­ke siekte. MacLaine en Plummer maak van Elsa en Fred uiters genotvolle karakters. – ELNA VAN DER MERWE

SECRET IN THEIR EYES

Dertien jaar nadat die dogter van ’n teenterreu­r-agent (Julia Roberts) vermoor is, meen haar kollega (Chiwetel Ejiofor) hy het die moordenaar opgespoor. Hierdie sterbelaai­de herskeppin­g van ’n Oscar-bekroonde Argentynse rolprent begin belowend, maar iets het erg skeefgeloo­p met Hollywood se verwerking daarvan. Dit verloor gou alle geloofwaar­digheid weens belaglike voorspelba­arhede en toevalligh­ede, twee kamtige toponderso­ekers wat slordige speurwerk doen en pynlik onnosel is – en ’n slot wat maar net ’n skoueropha­al by die kyker ontlok. – SANDRA VISSER * DVD’S is teen dié pryse beskikbaar by sonder vooraf kennisgewi­ng. takealot.com. Pryse was korrek met druktyd en is onderworpe aan veranderin­g

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa