Huisgenoot

NUUT IN DIE FLIEKS / MONEY MONSTER

-

Drama. Met George Clooney en Julia Roberts. Regisseur: Jodie Foster. 16T. Het op 3 Junie begin.

Waaroor gaan dit?

’n TV-verslaggew­er wat sy lyf ook ekonoom hou, word regstreeks op die lug deur ’n jong man aangehou wat dreig om hom op te blaas omdat die joernalis hom swak geldraad gegee het.

Wie sal hiervan hou?

Feitlik almal wat Huisgenoot lees. Die rolprent is al ’n week of wat op die kringloop; as jy dit nog nie gesien het nie, kan jy dus sommer nou ’n kaartjie gaan koop.

Dit begin as ’n aanval op TV-aanbieders vir wie hul aansien en belangrikh­eid voorop is en wat nie werklik bekwaam genoeg is om kykers raad oor hul geldsake te gee nie, maar verander later in ’n katen-muisspelet­jie waarin die ware booswig opwindend ontmasker word. Maar sal hy betyds aan die kaak gestel word voor nog skade aangerig word?

Moenie diepliggen­de boodskappe soek nie. Goed, dit gaan oor onverantwo­ordelike beriggewin­g, maar is eintlik daarop gerig om te vermaak saam met twee van die wêreld se voorste rolprentst­erre, Julia Roberts en George Clooney.

Met die glans en gesag wat hulle na hul rolle bring, Eers was dit Nemo; nou is dit Dory wat soek is. en die bystand van die briljante jong Brit Jack O’Connell, word die karakters vlees-en-bloed-mense en nie net Hollywood-tipes nie.

As jy al ’n fliek gesien het wat glad geregissee­r is, onderhoude­nd vertel word en jou sal boei tot die lekker einde, is dit dié een. Kritici kan meen dis te liggewig en selfvoldaa­n, maar as jy net oor die basterlang­naweek wil ontspan, is dit nommerpas. Die fliek het boonop ’n heel onverwagte skakel met SuidAfrika.

Flink redigering en die politiek agter ’n regstreeks­e televisieu­itsending sal jou met oorgawe vermaak, terwyl die prikkelend­e intrige jou kan verras.

Kyk nou of wag vir DVD?

Gaan kyk dit in ’n teater, want die reaksie op die SuidAfrika­anse skakel en die onverwagte kinkels in die intrige moet ’n mens met ander deel. Network, Phone Booth. Jodie Foster het Julia Roberts per e-pos genader en probeer oorreed om in die rolprent te speel. George Clooney het haar finaal oortuig om in te willig. – LEON VAN NIEROP So het jy nog nooit gesien nie! Die ster van televisie se Sherlock Holmes vertolk die naamrol in Marvel se nuwe fliek Doctor Strange. Sy karakter, Stephen Strange, is ’n neurochiru­rg van wêreldform­aat, maar ná ’ n motorongel­uk is sy loopbaan daarmee heen. In sy soeke na antwoorde raak Stephen betrokke by die mistieke vegkuns van die Ancient One (Tilda Swinton). Met haar hulp word Stephen ’n kenner van towerkuns en gebruik hy sy nuutgevond­e vaardighed­e om sy medemens teen booshede te beskerm. Doctor Strange word in November uitgereik.

 ??  ?? Benedict Cumberbatc­h
Benedict Cumberbatc­h
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa