AS PIRANAS BYT
Moenie dié mensvretervis onderskat nie, skryf Rudie van Rensburg in Pirana, sy vierde misdaadroman
HY IS sy eie teikenmark, sê Rudie van Rensburg. “Ek gebruik net een maatstaf wanneer ek skryf: Sou ek van dié verhaal gehou het as iemand anders dit geskryf het? As ek daarvan hou, hoop ek lesers voel ook so.”
Sy maatstaf het gewerk vir sy eerste drie romans, Slagyster, Kopskoot en Judaskus, want lesers het hulle opgeraap. En as jy kyk hoe sy lojale lesers aan sy lippe hang by die bekendstelling van Pirana, het hy weer sy teiken getref.
Rudie is een van ’n minderheid skrywers wat nie kla oor hoe pynlik skryf is nie.
“Nee, dis trouens vir my ’n baie ontspanne proses. Ek het gewroeg toe ek begrotingsmotiverings en strategiedokumente by my vorige werk moes skryf, maar storieskryf is soos ’n ontdekkingsreis waarna ek elke dag uitsien. Omdat ek myself ook nie beperk tot ’n streng raamwerk oor spesifiek hoe my verhaal moet verloop nie, gee dit my vrye teuels om allerlei ander roetes te beproef. So maak ek die skryfproses nog meer vervullend vir myself.”
Die nimlike kapt. Kassie Kasselman is terug. In Pirana verander hy sy aanvanklike bevinding dat die verdwyning van ’n gewese polisiekollega dwelmverwant is toe hy ook ’n moord en ontvoering moet ondersoek.
Om dié raaisel op te los, moet hy sy pad voel- voel vind deur die Kaapse bendewêreld, die Krugerwildtuin se renosterstropers, ’n verwaarloosde Bolandse hoewe met ’n grieselrige visdam en die glans- en skanswêreld van diplomasie. Anders word sy kollega Rooi Els se vrou dalk visvoer. Op die agtergrond slyp iemand boonop sy tande geduldig met wraakgedagtes.
Van sy lesers kla oor Kassie se klere, sê hy. “Kassie se speurvernuf en filateliese kundigheid is op ’n aansienlik hoër vlak as sy kleresmaak. Hy is so gemaklik in sy verweerde rooi windjekker, gekreukelde hemp, pers hoogwaterbroek, wit sokkies en nerfaf skoene soos ’n Hollywood-akteur in ’n ontwerpersaandpak op die rooi tapyt. En sy begroting vir sy posseël- en boeremusiekversameling sal altyd ’n hoër prioriteit geniet as dié vir klere.” * TEEN DIÉ PRYS BESKIKBAAR BY TAKEALOT.COM. DIE PRYS WAS KORREK MET DRUKTYD EN IS ONDERWORPE AAN VERANDERING SONDER VOORAF KENNISGEWING. ** ELKE SMS KOS R1,50.
Een van die bruin karakters in Pirana, Jackal Williams, praat ’n Kaapse Afrikaans wat baie eg klink.
“Kaapse Afrikaans het my nog altyd na aan die hart gelê,” verduidelik Rudie. “As kind al het die vindingryke reklameboodskappe van die smouse op die Parade in Kaapstad my verbeelding aangegryp. Behalwe dat ek ’n hele klompie uitdrukkings in die boek gebruik het wat ek deur die jare op straat gehoor het, het ek groot moeite gedoen om hedendaagse taalgebruik so getrou moontlik te dokumenteer.
“Ek het onder meer ’n vyftigstuks Sonkoerante deurgewerk, waar ek veral gelet het op lesers se SMS’e, briewe en kommentare in berigte. Dit het ’n klomp kostelike sêgoed opgelewer. Ek het ook wyd gelees oor bendes op die Kaapse Vlakte om sekere terme getrou te hou en die karakter geloofwaardig te maak.”
Soos Ingrid Winterbach, Breyten Breytenbach en Fanie Viljoen is Rudie ook ’n skilder.
“Van jongs af loop skryf en kuns vir my hand aan hand. As tjokkertjie het ek altyd ‘ boeke’ geskryf en dit dan geïllustreer. In my universiteitsdae het ek vir die destydse tydskrif Brandwag ’n paar van my kortverhale self geïllustreer. As joernalis by Volksblad het ek soms in die afwesigheid van die spotprentkunstenaar die spotprente geteken. Ek skilder nou al amper 30 jaar en was in ’n stadium voltyds kunstenaar wat baie aktief aan uitstallings deelgeneem het, maar skeep dit deesdae af omdat ek elke jaar ’n boek probeer skryf.”
Dit is dus te verstane dat hy baie visueel skryf en ’n mens wonder of hy al ’n film- of TV-draaiboek oorweeg het.
“Hoewel ek in 2008 ’n drama geskryf het wat heel suksesvol by al die Afrikaanse kunstefeeste opgevoer is, vermoed ek draaiboeke vereis weer ander vaardighede. Maar in dié stadium is my boeke my enigste gste prioriteit.” Drie lesers kanan ’n eksemplaar r wen van Pirana na (Quellerie,
SMS jou antwoord, naam en adres voor 23 Junie om 17:00 na 35407**. Vraag: Wat is die skrywer se voornaam?
R199*).