Huisgenoot

STIPTELIK 17:30

Sy móét betyds wees vir ’n vergaderin­g, maar die verkeer dreig om haar te verswelg

- Deur LEON VAN NIEROP Illustrasi­e: MIEKE VAN DER MERWE

DIE syfers is in haar brein ingegravee­r. 17:30. Die uitnodigin­g vir die Vrouekongr­es sê stiptelik halfses. Geen laatkommer­y sal geduld word nie. Sy probeer al langer as sewe maande om deur die Kongres aanvaar te word, en toe kom die brief dat sy suksesvol was. “U is nou ’n volwaardig­e lid.”

Martie Malan was nog altyd stiptelik. Dit maak nie saak watter struikelbl­okke in haar pad geplaas word nie. Wanneer ’n uitnodigin­g sê 18:30 vir 19:00, is sy reeds om 18:25 daar. Noem dit neurose, maar stiptheid is haar grootste bate.

Dis hoekom sy twee uur voor die tyd na haar bestemming ry. Dis nou 15:25. Sy skakel haar GPS aan. Giepie, soos sy hom noem. Net jammer Giepie praat met ’n vrou se stem. Sy het gehoor ’n mens kan ’n bekende radiostem kry of selfs sangers of akteurs wat die aanwysings lees, maar netnou begin sy saamsing as dit ’n sanger is, of praat sy terug as dit ’n omroeper is van wie sy nie hou nie.

Die nagmerrie begin toe sy by die straat voor haar huis probeer uitry. Die skool se sportoefen­inge is pas klaar; dus pyl al die mammies in hul viertrekvo­ertuie soos opslagkoeë­ls op haar af. Sy vrees altyd die uitdrukkin­g op taxibestuu­rders se gesig, maar al waarvoor sy banger is, is ’n mammie wat haar SMSende spruite huis toe karwei voor Mitzi balletklas toe moet gaan.

Martie kyk na die verkeer en mik. Maar geen mammie gee haar ’n gaping nie. Sal sy ’n taxi se maniere uithaal en doodeenvou­dig voor hulle indruk? Dis al 15:31 en sy staan steeds. Wag! Die vrou wat nou aangery kom, is so besig op haar selfoon dat sy stadiger ry. Martie mik. “Ek is ’n taxi,” prewel sy en skiet vorentoe.

Gaan die mammie haar sien? Blieps! jaag ’n fietsryer wat sy nooit gesien het nie vlak langs haar verby. Sjoesj! ry ’n sportmotor in die regterkant­se baan verby. Sy glip die baan dankbaar binne, maar die mammie pyl steeds op haar af, haar kop driftig aan die beweeg soos sy met die selfoon baklei. Sy sien Martie net betyds en trap rem. Sy blaas die toeter en wys vir Martie gruwelteke­ns, maar dankie tog, sy is in die stroom.

15:36. Diep asemhaal en tel tot vyf. Vyf tellings is net genoeg om ys oor haar humeur te gooi. Sy wil die mammie nog ’n vuil kyk gee toe sy moet uitswaai vir ’n man met ’n waentjie wat swaarder as ’n politieke gewete van die sakke gelaai is.

Martie swenk effens na regs en ry die motor langs haar met sentimeter­s mis. Hulle skuur teen mekaar verby. Die waentjie-aasvoël stap fluitend voort. En asof hy haar ’n ekstra middelving­er gee toe sy woedend hande in die lug gooi, val ’n sak met vrot vrugte van sy waentjie af en spat in alle rigtings.

Die Amerikaans­e stem met die oorvriende­like klank beveel haar om binne 300 m regs te draai. Daar is talle strate aan die regterkant en Martie doen gou somme. Die eerste straat is seker 200 m; die tweede is dus 250 m. En die derde is dus 300 m. Of is die derde nou 250 m en die tweede . . . “In 100 meters, turn right,” snater Giepie weer. Nou is daar twee strate wat kort opmekaar uitdraai. Sy probeer weer somme doen. Albei strate is ewe besig. Watter een?

’n Gautengse spiertier sit op haar motor se stert en verstel sy sonbril uit irri- tasie omdat sy nie vinniger ry nie. Sy skakel haar flikkerlig aan en kyk in haar spieël. Hy is so naby aan haar dat sy nie eens meer sy hoofligte kan sien nie. Sy draai in die eerste die beste pad regs.

15:39. Die spiertier gooi ’n teken. En toe die gevreesde woorde van Giepie: “When possible, make a U-turn.”

“Ek kan nie links draai nie, jou idioot!” Maar die stem herhaal die boodskap: drie maal, asof sy seker wil maak Martie luister na haar. Nou is sy in ’n pad wat die een kronkel op die ander maak. Daar is omtrent soveel kans om ’n U-draai hier te gooi as dat ’n goeie besluit in die parlement geneem word. Sy ry sirkel op sirkel terwyl die Amerikaans­e stem aanhou snater, draai links, dan weer regs.

Toe haar horlosie 16:00 sê, dui Giepie aan sy gaan eindelik weer in die hoofpad beland waar sy van die begin af ver-

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa