Huisgenoot

NET PLEIN VET? NEE, EK’S SIEK!

Rena Renata ly aan ’n siekte wat haar onderlyf laat o oppof en wil groter bewustheid van dié toest toestand skep

- Deur PIETER VAN ZYL Foto’s: MISHA JORDAAN

EET minder! Oefen meer!” Dekades lank moes Renata Roos dié woorde aanhoor. En dan was die ged dagtes so duidelik leesb baar in hul oë: “Doen iets! Ky Kyk hoe lyk jy.” Het enigeen dan gemeen sy is nie pynlik bewus van ha haar voorkoms nie: haar bo bolyf normaal, maar ’n opge gepofte onderlyf en bene s soos boomstompe? Vir dié r refleksolo­og van Herman nus was dit soms ondraaglik omo in ’n spieël te kyk. Ma Maar in 2015 het die lewe ’n bietji bietjie draagliker gewo geword toe die waarh waarheid eindelik uitkom: Renata (53) ly eintlik a aan ’ n estrogeeng­edr geengedrew­e genetiese siekte w wat na raming 370 miljoe miljoen vroue teister, maar waarvanw baie dokters, veralv by ons, blykbaar steeds nie bewusb is nie. Die siekte is lipedeem, wat maak dat abnorm abnormale wit vet onder lyers se onderlyf neergelêne word. “Ek kon n nooit ’n baaikostuu­m of kortbroek d dra nie en het veral my enkels wegges weggesteek,” vertel sy. Sy is al 20 jaar ’n wedu weduwee, maar daar was nog geen sprake van ’n nuwe maat nie. “(Die siekte) het nog altyd my verhouding­s beïnvlo beïnvloed.” Renata het ’n mooi gesig en haa haar hare is keurig versorg. Bolangs is s sy in herfskleur­e geklee; warm en aardsaar soos haar persoonlik­heid. Onder, soos altyd, dra sy ’n verslanken­de swa swart langbroek. “Ek dra ju- wele en klere wat die aandag bo vestig.”

Sien ’n mens haar sit, sou jy nooit raai wat onder die tafel skuil nie. Mense wat sy op sosiale media ontmoet, is soms geskok wanneer hulle haar sien. “Jy kan sien hulle wonder hoekom bo en onder nie by mekaar pas nie. As ek ’n gewone vet mens was, sou my hande en vingers nie so skraal gewees het nie. En daar’s nie vet aan my gesig, nek of voete nie.” Dis kenmerkend van dié siekte. Vriendinne se woorde kwets soms. “Met jou gesig op my lyf sou ons die volmaakte vrou gewees het,” het een gesê.

Toe, ná jare van soek op die internet, kry sy die antwoord: Nes sowat 11 persent van vroue leef sy met lipedeem. Nes baie van hulle moes sy telkemale by dokters hoor sy is vetsugtig of selfs dat sy elefantias­e het. In samewerkin­g met dr. Catherine Seo, ’n Amerikaans­e professor en direkteur van die organisasi­e Lipedema Simplified, het sy seker gemaak sy het al die simptome. SA dokters wat sy al gespreek het, sê hulle het net nie genoeg kennis om dit te diagnoseer nie. “Nog navorsing sal hulle hopelik oortuig,’’ sê Renata. Lipedeem word met siektes soos vetsug verwar omdat dit vetweefsel aanvanklik van die heupe tot enkels laat saampak. Later kan ook die boarms aangetas word. Grade daarvan bestaan en dit kan die limfstelse­l belemmer. “Dit het nog geen kuur nie; jy kan dit net bestuur.”

Renata, tot onlangs nog die plaaslike ambassadeu­r van die wêreldwye Lipedeempr­ojek, verstaan goed wat in haar lyf aan die gang is. Maar wat van vroue op afgeleë dorpies wat lewenslank moet hoor hulle kort net selfbeheer­sing? Daarom is dit Renata se passie om mense in te lig oor dié siekte, soveel te meer nou in lipedeem-bewustheid­smaand.

Sy het al plastiese chirurge landwyd ge-

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa