Huisgenoot

’N DERMATOLOO­G SE MENING

-

nader om te hoor of hulle sou ubelangste­l belangstel in opleiding in die spesialiss­oort liposuigin­g wat vir lyers groot verligting kan bring, maar sonder sukses. Party het nie belanggest­el nie; ander het net nie na haar teruggekom nie.

Vir behandelin­g sal sy Duitsland toe moet vlieg, maar dis duur en ons mediese fondse erken dit nog nie as ’n chroniese toestand nie. “Intussen sal ek leer en luister, en vroue soos ek verteenwoo­rdig waar en hoe ek kan.”

TOT op 12 het sy soos ’n “normale meisie” gevoel, vertel Renata, “maar skielik was dit asof ek oornag gewig aangesit het”. Haar “mooi en maer, ouer sussie” was bekommerd en het haar aangepor om verslankin­gsdrankies te drink.

Skielik het vet om haar knieë begin aanpak. Sy het no. 32-klere bo en no. 38 onder gedra. Op 16 het sy gesien haar enkels lyk geswel. “Ag, jy het tannie so en so se enkels geërf,” het familie gepaai.

Ná skool het sy skoonheids­tegnologie studeer en toe gewerk in ’n gesondheid­gesondheid spa op Hazyview. Daar het sy ’n jong piesangboe­r ontmoet en is hulle getroud.

“My gewig was vir hom ’n probleem,” vertel Renata. “Hy wou my pal na ’n vetplaas stuur. Ek was gedurig op die een of ander dieet om die vrede te bewaar.” Ná haar eerste swangerska­p op 24 en tweede op 27 het haar toestand vererger.

Haar man is in 1996 in ’n vliegongel­uk tydens die Margate-vliegskou oorlede. Nege maande later is haar pa in ’n motorongel­uk dood. Haar broer is vroeër in ’n mynongeluk dood en haar suster aan “onnatuurli­ke oorsake”, waaroor sy nie wil praat nie ter wille van haar susterskin­ders. “Ek weet nie of dit met my die geval was nie, maar ek hoor trauma kan lipedeem vererger,” vertel sy.

Renata het nog ’n ruk lank op die plaas geboer en ’n galery op die dorp bestuur. Toe, 17 jaar gelede, het sy na Hermanus verhuis, verder in terapeutie­se refleksolo­gie studeer en haar praktyk geopen.

“Albei my kinders is gesondheid­sfanatici. Ek eet saam met hulle gesond.” Hulle is bewus van haar toestand en aanvaar haar nes sy is. “Ek is tog bekommerd oor hoe ek op die foto’s gaan lyk wanneer my dogter eendag trou,” erken sy.

Dis belangrik dat lipedeemly­ers van kos en drank wegbly wat ontsteking en swelling veroorsaak: koring, suiker, vleis, suiwel en sonneblomo­lie. Veral vis wat ryk is aan omega-3, is verkieslik.

Soos die siekte vorder, word limfdreine­ring belemmer, wat lei tot pynlike lipolimfed­eem. Die aangetaste dele is gevoelig vir aanraking en kneus maklik. “Estrogeen is ’n groot sondaar. Ek’s bekommerd as ek eendag hormoonver­vanging moet kry, sal dit vererger.”

Die siekte tas haar rug aan omdat die werwelkuss­inkies verweer weens die druk van die gewig en die skoliose. Sy het ook skildklier­probleme.

“Dis bevrydend om te kan sê: Ek het lipedeem. Dit het niks met kos of oefeninge te doen nie.”

Vandat sy middel 2015 kontak gemaak het met Catherine, bly sy gedurig op die hoogte van ontwikkeli­ngs.

Renata se raad aan vroue wat vermoed hulle het lipedeem, is om hul simptome te ondersoek en beter te verstaan deur navorsing te doen. Neem die inligting dan na jou huisdokter en vra sy mening.

Wateroefen­inge werk goed en stimuleer die limfstelse­l, sê sy. En sluit aan by die Facebook-groep The Lipedema Project, waar jy met medelyers kan gesels.

Aan ander mense is haar raad: “Moenie so maklik oordeel nie.” Lipedeem is ’n minder bekende toestand, al is dit nie skaars nie, sê dr. Suretha Kannenberg, dermatoloo­g by Maties se fakulteit gesondheid­sweteskapp­e. “Dermatoloë weet beslis daarvan; ek kan nie kommentaar lewer op ander dissipline­s nie,’’ sê sy. “Vetsug is nie die oorsaak daarvan nie, maar vetsugtige individue word gewoonlik erger aangetas. Gewigsverl­ies verbeter egter gewoonlik nie die probleem nie.”

Niechirurg­iese behandelin­gs soos kompressie­lappe, massering en oefening soos swem kan help met die simptome en beperk die vorming van limfedeem, wanneer die limfvate weens die uitswel van vetselle toegedruk word. Suretha sê dokters is versigtig vir liposuigin­g weens die hoë risiko vir komplikasi­es en lae suksessyfe­r.

Lyers kan ook veelvuldig­e prosedures kort met ’n lang tydperk van kompressie­behandelin­g ná die operasie. “Dit word ook ongelukkig nie deur mediese fondse gedek nie en kan geweldig duur raak,” sê sy.

 ??  ?? Namate die siekte vorder, word lyers se onderlyf ál swaarder. Die vetselle swel uit en blokkeer limfvate, wat tot ’n vierde stadium met ook lipolimfed­eem lei.
Namate die siekte vorder, word lyers se onderlyf ál swaarder. Die vetselle swel uit en blokkeer limfvate, wat tot ’n vierde stadium met ook lipolimfed­eem lei.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa