Huisgenoot

YSPRINSES ANNE, DIE PRET-OUMA

Verby is haar dae van kil en nors wees; sy is deesdae ’n glimlaggen­de vrou met ’n warm hart, glo danksy haar kleinkinde­rs

- Saamgestel deur LARA ATSON

SY IS geen prinses van harte wat soos wyle Diana of dié se skoondogte­r, Kate, warmte en hartlikhei­d uitstraal nie. Prinses Anne, koningin Elizabeth II se enigste dogter, is eerder bekend as ’n ysprinses. Sy is so kil soos kan kom en nors daarby, mor party. Maar deesdae is Anne (65) ’n ander – en baie vriendelik­er – mens. By ’n perdrybyee­nkoms in Gloucester­shire, Engeland, is sy gekiek terwyl sy van oor tot oor glimlag. Sy het selfs koddige gesigte getrek – alles om die jongste van haar drie kleinkinde­rs, Mia Tindall (2), te vermaak. En verlede September is sy by ’n ander perdrybyee­nkoms met klein Mia op die heup afgeneem.

Dis juis haar kleinkinde­rs wat Anne ’n gedaantewi­sseling laat ondergaan het, berig die Londense koerant die Daily Mail. Hulle het die ysprinses laat wegsmelt tot ’n ouma met ’n warm hart, een vol pret wat nie omgee om saam met hulle vuil te smeer nie.

Anne is ouma van Savannah (5) en Isla (4) Phillips – haar seun, Peter (38), en sy vrou, Autumn (38), se kinders – en van Mia Tindall, eersteling van haar dogter, Zara (35), en dié se man, die oudrugbysp­eler Mike Tindall (37).

Klein Mia weet hoe om die kollig te steel. Die skattige blondekopp­ie het in April vanjaar wêreldwyd harte laat vermurwe toe sy so ewe met haar oumagrootj­ie se handsak poseer het vir een van koningin Elizabeth II se amptelike portrette met haar 90ste verjaardag.

Mia is dol oor die buitelewe, vol lewenslus en spring graag trampolien, ver- tel haar pa. G’n wonder ouma Anne is so versot op haar nie.

Selfs Anne se tweede man, vise-admiraal sir Timothy Laurence (61), wat soms net so grimmig soos sy vrou lyk, het die onlangse uitstappie saam met Mia gate uit geniet.

Jare lank word al gegis hul huwelik van 24 jaar is nie net maanskyn en rose nie. Tog lyk Anne dolgelukki­g. Dalk is dit danksy haar kleinkinde­rs wat soveel vreugde in haar lewe bring.

“Anne geniet dit om speletjies saam met hulle te speel; hoe morsiger, hoe beter,” vertel ’n bron aan die Daily Mail. “Haar invloed op die kleingoed is duidelik. Hulle is platteland­se meisies en geniet dit om vuil te word.”

Sy kweek ook ’n liefde vir perde by haar kleinkinde­rs. Al drie het shetlandpo­nies. Dalk hoop sy om eendag ook vir hulle ’n Olimpiese medalje om die nek te hang. Haar dogter, Zara, ’n kranige perderuite­r, het immers in 2012 ’n silwermeda­lje by die Olimpiese Spele in Londen verower.

Anne speel ook speletjies soos wegkruiper­tjie met haar kleinkinde­rs. “Sy is

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa