Huisgenoot

VERGEET MY LYF, EK’S ’N SÁNGER!

Hy was ’n rugbybreke­r en aanhangers kwyl oor sy spiere, maar die nuwe sensasie Brendan wil net sing

- Deur MARISA FOCKEMA Foto’s: LUBABALO LESOLLE

ONLANGS nog was hy ’n gewone skoolseun wat vir die eerste rugbyspan uitgedraf en in sy ouers se motorhuis musiek gemaak het. Maar deesdae is die nuwe sangsensas­ie Brendan Peyper (19) oral te sien en hoor. Die benoemings stroom in en sy dagboek is propvol. Boonop maak sy bultende armspiere en volmaakte blokkiesma­ag bewonderaa­rs omtrent lam.

’n Mens kan skaars glo die talentvoll­e hartebreke­r het homself as tjokker leer kitaar speel deur op DVD’s te kyk waar manne soos Dozi en die Campbells hul vingers druk. “Dit voel soos een groot

beskryf Brendan die afgelope 18 maande. “Dis ’n reis wat ek hoop net sal aanhou . . .”

Sy tuimeltrei­nrit het duidelik baie hoogtepunt­e, want Brendan is pas vir drie Huisgenoot-Tempo-toekenning­s benoem: as nuweling van die jaar vir sy album Stop, Wag, Bly Nog ’n Bietjie en vir liedjie van die jaar en musiekvide­o van die jaar vir die album se titelsnit.

“Ek voel geëer en dis ’n groot voorreg om tussen sulke groot name benoem te word,” vertel die jong sanger wat vanjaar ook vir vier Ghoemas en twee Samas benoem is. “Ek sal graag met ’n paar pryse wil wegstap.”

Dit was so hittete of hy het nie vandag sy musiekdroo­m uitgeleef nie. Brendan, wat al vir die Vrystaat se o.19-rugbyspan uitgedraf het, het in sy matriekjaa­r in 2014 ’n rugbybeurs by Kovsies gekry. Hy het belanggest­el in klankingen­ieurswese, maar kort voor hy by die universite­it sou inval, het Select Musiek hom ontdek.

“Niel Schoombee van Select het in 2014 by die Vryfees in Bloemfonte­in ’n plakkaat van my teen ’n lamppaal gesien en gesê: ‘Ek wonder of dié outjie kan sing.’ Hy het my ma gekontak, en sonder om my te hoor sing, het Select my afgevlieg Kaap toe en die volgende dag terug Bloem toe met ’n kontrak in die hand.”

Net daar het hy sy studie gelos en sy rugbystewe­ls gebêre, want “musiek is al wat ek nog ooit wou doen.

“Ek was vyf toe my oupa Awie Peyper vir my ’n tweedehand­se kitaar koop,” vertel Brendan. “Deur na DVD’s van sangers te kyk het ek myself enige liedjie op daardie kitaar leer speel.”

As gr. 10-leerder aan die Hoërskool Jim Fouché in Bloemfonte­in het hy en twee pelle ure aaneen in die gesin se motorhuis in Universita­s musiek gemaak.

“Ons groep se naam was Somersneeu en musiek was ons al drie se groot liefde. Ons het dit geniet, hoewel ek twyfel of die bure ons plesier gedeel het. Ons het treffers soos Bad Moon Rising gesing, maar is eintlik nogal van die verhoog af geboe,” onthou hy en lag.

Op 15 het hy dikwels by feeste en in restaurant­e ’n paar minute in die kollig gebedel. “Ek sou soms ’n kwartier kry om gou drie liedjies te sing; so het mense my begin raaksien.” In 2013 het hy aan Idols SA deelgeneem, maar nie eens verby die oudisies gevorder nie. Gelukkig het dit

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa