Huisgenoot

JOHNNY & AMBER SE SKEIDRAMA DUUR VOORT

- - n g y

TJOHNNY DEPP

ERWYL in Europa fuif, gaan sy skeisaak voort. Sy vervreemde vrou, (30), wat beweer die akteur van Pirates of the Caribbean-faam het haar tydens hul 15 maande lange huwelik mishandel, eis onderhoud van R750 000 per maand. Sy verdien “net” R150 000 per maand, sê sy in hofstukke, maar kort maandeliks R660 000 vir “basiese uitgawes”. Dit sluit R150 000 vir huur, kruidenier­sware en gesondheid­sorg in en nog R150 000 vir “allerlei uitgawes”, soos troeteldie­rbenodigdh­ede en haar reklameage­nt en agent se salaris. Amber het glo in 2015 R3,9 miljoen gemaak, waarvan die meeste uit flieks en die res uit reklamewer­k vir die juweliersh­andelsmerk­e Tiffany en Bulgari.

Sy het ook besluit om ’n vriend van Johnny, die komediant Doug Stanhope, te dagvaar vir laster en voer aan hy het haar opsetlik emosionele leed aangedoen. Doug beweer Amber het geld van Johnny “afgedwing”. Johnny “is gebruik, gemanipule­er en as skobbejak uitgemaak”, het hy laat hoor.

Intussen het Amber en Johnny se assistent, teksboodsk­appe wat hy en Amber in Mei 2014 sou uitgeruil het, as vals afgemaak. Hy sê skermgrepe van die boodskappe, wat sinspeel op mishandeli­ng, is gedokter. Hy weet niks daarvan dat Johnny gewelddadi­g was teenoor enigeen nie. Hy hou vol hy is bereid om dit onder eed te herhaal.

Intussen lyk dit asof Johnny (52) hom min steur aan al die drama en alte lekker fuif op sy musiekgroe­p, The Hollywood Vampires, se Europese toer. Hy is in Denemarke gekiek toe hy amper buite ’n kroeg baklei. BRONNE: PEOPLE.COM, PAGESIX.COM, DAILYMAIL.CO.UK, EONLINE.COM, TMZ.COM

AMBER HEARD STEPHEN DEUTERS,

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa