Huisgenoot

KONINKLIKE­S SE JA- OF NEE-GESIG

-

HENRI VAN BREDA se inhegtenis­neming vir die bylmoorde op sy ouers en broer en die aanval op sy suster wek opspraak. Sy meisie, Daniellé Janse van Rensburg, is seker die mens wat die laaste ruk die meeste tyd saam met hom deurgebrin­g het. Ons adjunkreda­kteur, Nadia Honiball, en senior joernalis Almari Wessels het die onthullend­e onderhoud met Daniellé op bl. 8 gedoen – dit hou jou van die eerste tot die laaste woord geboei.

Nadat Reeva Steenkamp se pa, Barry, die hof gevra het om foto’s van sy dogter openbaar te maak om te wys hoe die koeëls uit Oscar Pistorius se pistool haar gedood het, het Huisgenoot op ons webtuiste van die foto’s geplaas, met waarskuwin­gs vir sensitiewe lesers.

Ons het die foto’s onderaan die web-berig geplaas sodat gebruikers nie dadelik daarmee gekonfront­eer word nie. In ’n ekstra stap het ons die Steenkamp-ouers laat weet ons gaan dit publiseer sodat ons vir webgebruik­ers die versekerin­g kon gee ons het hul instemming.

In die artikel op bl. 104 van hierdie uitgawe het ons Reeva se beserings egter verbloem omdat ons besef dis nie so maklik om net verby die foto’s te blaai nie. Mense se siening oor of hulle die foto’s wil – en moet – sien of nie, verskil, maar uit terugvoer van lesers glo ons meer van julle sal dié besluit van ons verkies. Party mense het ’n “ja-gesig”, en mense soos prinsesse Beatrice en Eugenie het nie ( Kate en die jaloerse prinsesse, 9 Junie). William, Kate en Harry het wel ’n ja-gesig; dis iemand wat toeganklik voorkom.

Ek het lank gelede hierdie verhaal gehoor: Amerika se oudpres. Abraham Lincoln en van sy personeel het gereeld saam gaan perdry. Eendag ry hulle weer die roete en kom ’n vreemdelin­g teë. Dit het kort tevore swaar gereën en die rivier was in vloed. Die vreemdelin­g wou aan die oorkantse oewer wees.

Hy stap reguit na Lincoln en vra hy moet hom asseblief met sy perd na die oorkant neem. Lincoln doen dit toe.

Dae later kry een van die werknemers die vreemdelin­g op die dorp en berispe hom: “Hoe kon jy die president van Amerika sommerso prontuit vra om jou na die oorkantse oewer te neem? Hoekom het jy nie een van ons gevra nie?”

Die vreemdelin­g se antwoord? “Ek het nie geweet hy is die president nie. Ek het

Die jaloerse prinsesse Beatrice en Eugenie laat my dink aan Aspoestert­jie se lelike stiefsuste­rs toe sy die glasskoen aanpas. Geld en aansien of ’n titel kan nie klas koop nie. LIZE

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa