Huisgenoot

KORTISOON VIR JOU NEUS

-

dun naald ingespuit word sodat dit nie te ongemaklik is nie.”

Volgens Charl is daar geen vaste reël oor hoeveel kortisooni­nspuitings ’n pasiënt mag of nie mag kry nie.

Maar voor jy links en regs begin inspuit, moet jy ’n paar riglyne in gedagte hou:

As ’n kortisooni­nspuiting nie werk nie – of baie vinnig uitgewerk is – moet jy nie die inspuiting sommer herhaal nie. Probeer eers ’n ander benadering.

Navorsing op diere het al getoon as jy te veel kortisooni­nspuitings kry, kan dit die tendons en kraakbeen verswak. “Dit is die hoofrede hoekom dokters die getal inspuiting­s beperk.” Neusspuite bevat ook dikwels kortisoon, maar hoe veilig is dit?

Volwassene­s kan dit op lang termyn gebruik met min newe-effekte, sê dr. Irmin Henkel, ’n oor-neus-en-keelspesia­lis van Pretoria. Dit word selfs vir eenjarige kinders voorgeskry­f. Hierdie spuite laat die bloedvate in die neus krimp om die turbinate binne-in die neus (twee sponsagtig­e strukture aan weerskante van die septum) te verklein. Wanneer hulle vergroot is, belemmer dit die lugvloei.

Die verminderd­e bloedvloei kan mettertyd die slymvlies van die neus beskadig, ’n toestand bekend as rinitis medicament­osa wat gekenmerk word deur ’n verstopte neus. Die gebruik van neusspuite met kortisoon moet dan gestaak word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa