Huisgenoot

EN DIE NADELE?

-

“Hoewel kortisoon ’n baie kragtige antiinflam­matoriese middel vir korttermyn­probleme is, is daar nadele as jy dit oor ’n lang tydperk neem,” sê Aletta van der Watt van die Artritisve­reniging van Suid-Afrika.

Kortisoon kan kalsuim uit die bene trek, wat osteoporos­e kan veroorsaak as dit nie gemonitor word nie.

Volgens Charl is een van die algemene newe-effekte pyn in die skouer en nek ná die inspuiting. Dit kan behandel word met rus en ’n pynpil.

“Jy kan ook ’n dag of twee warm gloede in jou gesig kry,” sê hy. “Dis nie ’n allergie nie; dis net ’n lastige, skadelose neweeffek.”

Helmuth sê die newe-effekte hang af van die dosis en hoe lank die kortisoon in jou stelsel bly. Hy sê van die newe-effekte kan insluit:

Swelling omdat jou liggaam vloeistof terughou.

’n Styging in jou bloeddruk en bloedsuike­rvlak. Gewigstoen­ame. Vel wat dunner word. ’n Toename in vatbaarhei­d vir tuberkulos­e en swaminfeks­ies.

“Diabete het ’n kortstondi­ge toename in hul bloedsuike­r en moet hul bloedsuike­rvlak gereeld neem,” sê Charl.

Die plek waar jy jou kortisooni­nspuitings gekry het, kry selde infeksie, maar ’n mens kan dit soms kry weens ’n inspuiting in die gewrig, sê hy. “Dit kan voorkom word deur ’n goeie inspuiting­stegniek.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa