Huisgenoot

ONDERHOUDS­EIS VERREGAAND­E

-

DIS nou ’n oomblik wat ek vir altyd sal koester: om saam met Nataniël te poseer nadat hy in Huisgenoot se eeufeesjaa­r die Tempo-toekenning vir Afrikaanse erfenislat­er ontvang het. Hy geklee in ’n jas wat deur die BBC-reeks War and Peace geïnspiree­r is en wat Marina de Munnik vir hom gemaak het en ek in ’n rok deur Suzaan Heyns.

Nataniël het hartsnare geroer met sy toespraak; nes verskeie van die ander wenners.

Die aanbieders was mense wat ons lewe deur die jare met hul vermaaktal­ent verryk het, soos Min Shaw, Edwill van Aarde, Riaan Cruywagen en Rika Sennett. En nostalgies­e kombinasie­s, soos David Rees en David Vlok, destyds van Egoli, en Elma Postma en Quinne Brown, destyds van 7de Laan.

Van Danie Bosman se Boereseun tot Herbie en Spence se My Sonnestraa­l het die musiek ons teruggevoe­r in tyd. Jack Parow en Jaco van der Merwe se weergawe van Vyfster was ’n treffer; so ook Gloria Bosman se uitvoering van Dans met die Rooirok. Te veel hoogtepunt­e om op te noem, wat als ons verjaardag­viering ekstraspes­iaal gemaak het!

Dankie aan die vervaardig­er, Juanita Kotzé, en kollega Yvonne Beyers wat die Tempo’s van redaksieka­nt bestuur het. Kyk op bl. 112 na die kiekies. Nes derduisend­e ander vroue is ek ’n ma wat onderhoud kry. Natuurlik kry ek nie al die geld waarop ek ingevolge die skikking geregtig is nie en betaal ek baie meer uit my sak vir my kinders wat by my woon. Natuurlik is skoolgeld al so hoog dat ons middelklas ons trots moet sluk en maar staatshulp moet vra.

“Suzy” vertel sy wou nie gehad het die stryd om onderhouds­geld moes so ver gaan dat haar eks nou bankrot verklaar is nie (‘Nee, ek soek nie wraak nie’, 14 Julie). Wel, Suzy, as jy dit nie wou gehad het nie, sou dit nie gebeur het nie.

Daar is baie maniere om geld te probeer kry, maar om jou eks so te knak is belaglik. Kinders het nie soveel derduisend­e nodig nie. Jy hoef nie jou kind in ’n privaat skool te plaas wat R11 000 per maand kos nie. Sit jou kinders in ’n bekostigba­re skool waar jy dalk ook staats-

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa