Huisgenoot

MAAK SO WANNEER VRIENDE OF FAMILIE GELD WIL LEEN

-

(Van vorige bladsy) Hy het vrede gemaak daarmee dat hy nie die geld sal terugkry nie. “Nico was nooit ’n goeie betaler nie, maar hy het soms tog gekom en dit reggemaak, al het dit ’n paar maande geduur.”

Tog is hy bly Nico het besluit om met die hele sak patats vorendag te kom. “Ek dink dit was die regte ding. Die ding het hom ingehaal, maar dis seker ’n groot verligting dat hy nie meer alles hoef weg te steek nie. Dit gaan moeilik wees om daarmee saam te leef, maar nou is alles op die lappe.”

’n Ander inwoner van Ceres, by wie Nico ’n plaas gehuur het, sê Nico skuld hom nog twee maande se agterstall­ige huur. “Maar ek sal hom vergewe. Ek is so ’n soort mens.

“Dit is hartseer dat hy dit aan so baie onskuldige mense gedoen het en ek sal dit glad nie goedpraat nie, maar ek het nie ’n wrok teen hom nie.”

Ook hy verwag nie om geld uit Nico te kry nie. “Hy het nie die huurkontra­k beëindig nie, maar dit word outomaties beëindig wanneer jy nie binne ’n sekere tyd op navrae gereageer het nie,” verduideli­k die verhuurder. Hy het Nico maande laas gesien en kon hom nêrens in die hande kry nie.

Maar nie almal is ewe vergewensg­esind nie.

“Sy verskoning beteken vir my niks,” sê Trevor Ernstzen, ’n afgetrede boer van die Paarl. Trevor wil die aandele in Nico se Karoo- slaghuis op Ceres hê waarvoor hy meer as R300 000 opgedok het. Hy was geskok om te hoor sy naam is nie op ’n lys aandeelhou­ers nie. “Om net jammer te sê is nie goed genoeg wanneer geld te sprake is nie. Om geld te leen is een ding, maar om met aandele bedrog te pleeg is ’n groot kwessie,” sê Trevor.

Hy is vasbeslote om voort te gaan met stappe teen Nico.

“Volgens my prokureur is dit wat hy aan my gedoen het, krimineel. As ek my aandele kry, is daar dalk nie ’n kriminele saak nie.”

Trevor het tot en met die onlangse mediaberig­te onder die indruk verkeer dat Nico steeds ’n makelaar is. Die geld wat hy aan die aandele bestee het, vreet nou aan sy aftreefond­s.

“Mense vergeef dalk, maar hulle vergeet nie. Ek dink nie ek hoef hom te vergeef nie en ek gaan beslis nie vergeet nie. Mense werk hard vir hul geld.”

’n Afgetrede vriend van Nico wat op Hermanus woon, voel ook steeds bitter.

“Dit is jammer dat ons deur ’n artikel in ’n Sondagkoer­ant moet hoor hy is glo jammer,” sê die pensioentr­ekker.

“Ons gaan voort met stappe om die geld van hom te verhaal.” Dit is ongelukkig nie raadsaam om geld aan familie of vriende te leen nie, sê Riaan Lessing, ’n finansiële adviseur van 1Finplan in Centurion. “Die terugbetal­ing van die lening is dan dalk nie ’n prioriteit nie en dit is moeilik om geld terug te vra. Jy gaan dalk op die ou einde self geld moet leen en jy kan jou geld en die vriendskap of die verhouding met jou familielid verloor,” verduideli­k Riaan.

Hy sê dit is beter om aan te bied om familie of nabye vriende op ’n ander manier te help. “As die mens sukkel om te begroot, sê vir hulle jy kan nie vir hulle geld leen nie, maar jy is bereid om hulle te help om ’n begroting uit te werk.”

Maar Amy van Niekerk, ’n finansiële adviseur van Finfocus op Stellenbos­ch, meen weer dit is nie noodwendig verkeerd om vir familie geld te leen nie. “’n Mens moet voor die tyd baie mooi dink, maar partykeer kan jy ja sê,” sê sy.

Op sy beurt sê die bekroonde skrywer Kerneels Breytenbac­h: “’n Mens kry hom jammer, maar ook nie.”

Nico het ook by hom geld geleen, maar hy het dit teruggekry. Kerneels som die situasie kort en kragtig op: “Hy het sy vriende willens en wetens bedonner . . .”

So gebeur dit dikwels dat ouers hul kinders ’n huis wil help koop. In so ’n geval is dit belangrik om ’n deeglike kontrak op te stel, verkieslik met die hulp van ’n prokureur.

Amy verduideli­k ’n prokureur sal aan baie aspekte dink wat ’n mens in ag moet neem. “Jy moet weet waarheen die geld gaan en waarvoor dit gebruik gaan word. As dit vir ’n ondernemin­g is, vra eers waarom die bank nie die geld vir hulle wil leen nie,” sê sy. “Dit is ook belangrik om te bepaal vir hoe lank die geld geleen gaan word en wat die rentekoers gaan wees.”

As jy eintlik nie die geld wil leen nie, stel sy voor jy sê jou finansiële adviseur dink nie dit is ’n goeie idee nie.

Riaan sê dit is ook belangrik om jouself daaraan te herinner dat jy nie vir die ander mens se finansiële verknorsin­g verantwoor­delik is nie en dat jy hulle op ander maniere kan help as om geld te leen.

 ??  ?? Die storievert­eller, wat veral op Maak ’n Las naam gemaak het, moes oop kaarte speel nadat dit uitgekom het hy is by baie mense kniediep in die skuld.
Die storievert­eller, wat veral op Maak ’n Las naam gemaak het, moes oop kaarte speel nadat dit uitgekom het hy is by baie mense kniediep in die skuld.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa