Huisgenoot

SLENTER-E-POS

-

DIT was ’n dag waarop drome waar sou word. Soozi Dinnie (51) het gewag dat ’n vriendin R500 000 in haar rekening inbetaal nadat dit ingesamel is om vir haar ’n spesiale rolstoel te koop. Aanvanklik klink dit na ’n storie wat ’n mens se hart omtrent warm laat klop: hoe vriende geld vir die borrelende blondine, wat al twee jaar verlam is, ingesamel het; hoe ’n Pretoriase sendelinge­gpaar wat in Huisgenoot van Soozi se worsteling gelees het ’n volle R300 000 geskenk het.

Eindelik sou sy die ergonomies­e rolstoel kon bekostig wat haar pyn en ongemak van die afgelope maande tot ’n einde sou bring. Sy sou ook aanpassing­s aan ’n motor kon laat doen om self te kan bestuur. ’n Byna normale lewe was binne haar bereik.

Maar toe is die droom binne ’n oogwink tot niet.

Die vriendin wat die geld in Soozi se rekening sou inbetaal, Gillian Frew, het die elektronie­se oordrag sit en doen saam met ’n susterskin­d wat meer rekenaarva­ardig is as sy. “Ons het dit baie metodies gedoen,” vertel Gillian. “Ek het seker gemaak, sy het seker gemaak en ons het saam seker gemaak dat ons die geld na die regte rekening oorbetaal.”

Maar die vreugde was van korte duur. ’n Week later het Soozi ’n boodskap aan Gillian gestuur om te vra wanneer die geld dan nou in haar rekening inbetaal gaan word sodat sy die deposito op haar rolstoel kan betaal . . .

Eers het Gillian gehoop dis ’n tegniese probleem. Maar eindelik moes hulle die wrede werklikhei­d aanvaar: ’n Kuberkrake­r het met hul transaksie ingemeng en is vort met Soozi se geld.

DIT was nie die eerste keer dat alles oornag vir Soozi verander het nie. In September 2014 was sy saam met haar gesin en vriende op ’n kampeerter­rein buite Rawsonvill­e in die Boland toe die eerste groot tragedie toeslaan. Twee kinders in die groep het vasgesit met mekaar en Soozi het naby die rivier op die terrein saam met hulle gaan bid. Dis toe dat ’n bakkie haar teen die rug tref (Wonders ná sleephel, 16 Junie). Sy is onder die bakkie ingesleur en dit het ook twee keer oor haar gery.

“Alles was stukkend,” vertel sy. “Elke liewe rib in my lyf het op twee of drie plekke gebreek. My longe is totaal en al vergruis.

 ??  ?? HOOFFOTO: Soozi Dinnie en haar vriendin Gillian Frew. LINKS: Die kuberskurk se gewraakte e-pos.
HOOFFOTO: Soozi Dinnie en haar vriendin Gillian Frew. LINKS: Die kuberskurk se gewraakte e-pos.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa