Huisgenoot

KOLSKOOT, JOU GEDROGGIE!

Pokémon het nuwe lewe gekry danksy ’n selfoon-app, en dié monstertji­es skuil deesdae om elke hoek en draai

- Saamgestel deur MABALE MOLOI tra een n é-

ELKE dag val hulle in die pad – gewapen met die jongste toerusting om kilometers ver voet te slaan op soek na hul prooi. Hulle klouter teen kranse uit en verken vreemde terreine. Hul oë is deurgaans op skrefies getrek sodat hulle die diertjies kan raaksien wat hulle so graag wil vang. Dit klink omtrent na ’n beskrywing van ons jag-en-versamel-oervoorsat­e, wat elke dag deur die veld moes sukkel om bokke of mammoete te gaan jag.

Maar nee, dié hedendaags­e jagters is met ’n slimfoon in die hand op straat op soek na ’n prooi genaamd Pokémon – geel, pienk en pers monstertji­es wat om elke hoek en draai skuil.

Selfs al luister jy net met ’n halwe oor na die nuus, het jy teen hierdie tyd sekerlik al gehoor van Pokémon Go, ’n speletjie wat die ganse wêreld op die oomblik aan die gons het. Mense laai ’n app op hul selfoon af en wanneer hulle dan deur hul selfoonkam­era na die wêreld om hulle kyk, duik allerlei eksotiese gedroggies op – soms op gewone sypaadjies, soms by historiese bakens in jou stad of selfs jou huis.

Die speletjie is so gewild dat dit die een aanlyn rekord ná die ander laat spat. Net 48 uur nadat dit op 5 Julie in Amerika bekendgest­el is, is dit reeds op meer sel- potions fone gelaai as Tinder, die supergewil­de vryersapp wat al vier jaar op die mark is. Meer as 60 persent van die mense wat dié app gebruik, doen dit elke dag. Statistiek­e toon hulle bestee meer tyd daaraan as aan WhatsApp, Instagram of Snapchat. En as die huidige neiging voortduur, gaan dit binnekort gelykspeel met die sosialemed­iawebtuist­e Twitter omdat dit ewe veel gebruikers gaan hê.

Tegnies was Pokémon Go aanvanklik net in Amerika, Australië en Nieu-Seeland beskikbaar, met Brittanje en Duitsland wat dit onlangs ook amptelik gekry het. Maar dit het nie gekeer dat mense wêreldwyd die app op onderduims­e maniere aflaai nie.

(Ook in Suid-Afrika is dit heeltemal moontlik, maar ons mag jou nie verduideli­k hoe om dit te doen nie omdat dit eintlik skelm is.)

Maar wat is Pokémon, en hoekom het Dit is hulpmiddel­s wat jy kan kry om jou Pokémon ekstra krag te gee wanneer jy teen ander spelers meeding. ’n Mens kry net candies en stardust wanneer jy Pokémons vang, en potions kry jy by PokéStops. Jy kan dit nie koop nie.

 ??  ?? Die karaktertj­ies wat jy kan vang. Enige plek waar jy ’n Pokémon kan vang en byvoorbeel­d Poké Balls en hulpmiddel­s soos kan kry. Dit is gratis, maar jy moet naby die PokéStop wees om dit te kan ontvang.
Die karaktertj­ies wat jy kan vang. Enige plek waar jy ’n Pokémon kan vang en byvoorbeel­d Poké Balls en hulpmiddel­s soos kan kry. Dit is gratis, maar jy moet naby die PokéStop wees om dit te kan ontvang.
 ??  ?? Dis rooi-enwit balletjies waarmee jy die karaktertj­ies kan gooi.
Dis rooi-enwit balletjies waarmee jy die karaktertj­ies kan gooi.
 ??  ?? Dié pa-seun trots is nie die enigste ding wat inis die skepperfam­ilie loop nie. Musiek is van ook Pokémon.duidelikLi­a volorati dicianto Danksy molore’n app atemquam esci consequis hierdie atemporibu­s nam cor repuspelet­jie dipsam quam fuga. weer Cae...
Dié pa-seun trots is nie die enigste ding wat inis die skepperfam­ilie loop nie. Musiek is van ook Pokémon.duidelikLi­a volorati dicianto Danksy molore’n app atemquam esci consequis hierdie atemporibu­s nam cor repuspelet­jie dipsam quam fuga. weer Cae...
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa