Huisgenoot

MY VLAMME-HEL BY VERWARMER

-

HOOFFOTO: Lize van der Walt moes ’n veloorplan­ting kry nadat haar verwarmer aan die brand geslaan het. REGS: By haar seun, Michael Semer, en ma, Wilna Snyman. ONDER: Lize het t verlede jaar ’n galery op Hermanus geopen. Deur CHARLEA SIEBERHAGE­N BOS donkerpien­k rose en proteas doen hul bes om die vaal vertrek op te helder. Maar wat ’ n mens elders in die hospitaalv­ertrek sien, is allermins vrolik. Lize van der Walt, dogter van die aktrise Wilna Snyman, sit op die hospitaalb­ed met wit verbande reg rondom haar gesig. Sy glimlag moedig, maar haar grys oë bly ernstig. Aan haar vel kan jy dit duidelik agterkom: Sy het pynlik gebrand.

Op 25 Junie, minder as ’n maand voor ons besoek, het ’n verwarmer in haar huis in vlamme opgegaan en haar gesig, nek en hand so erg gebrand dat die 50jarige ’n veloorplan­ting moes kry.

Sy trek haar ligblou hospitaalj­urkie reg. Die reuk van salf en skoonmaakm­iddels hang in die lug. “Ek raak ’n bietjie moedeloos, maar ek het baie om voor dankbaar te wees,” sê dié kunstenare­s. “Ek het nog my oë en my regterhand, waarmee ek skilder.”

Sy bekyk haar hand wat plek-plek rooi en effens skurf is. Haar linkerhand is dik toegedraai in verbande. “Die Here se hand was daar.”

Dit was ’n koue Saterdagog­gend op Hermanus aan die Overbergse kus toe Lize, gereed om aan ’n nuwe skildery te werk, haar etanolverw­armer aanskakel. Dis so groot soos ’n snesieboks en het vier glaspanele wat rondom ’n vlam gerangskik is. “Ek het ’n lae plafon; daarom maak daai warm.”

Lize se negejarige seun, Michael Semer, was by haar in die huis. “Ek het vir hom gesê: ‘Seuntjie, Mamma gaan sap drink en ek gaan vir jou iets maak om te eet.’ En ek kyk so en ek sien: O gaats, my etanolverw­armertjie is af. Ek is altyd op ’n drafstap; alles moet 100 persent gedoen word.”

Sy klap haar vingers terwyl sy verder vertel. Haastig het sy die 2 L-kannetjie etanol gesoek om die verwarmer weer aan die gang te kry. Sy het die etanol in die verwarmer gegooi en meteens ’n klapgeluid gehoor. tjie dit baie lekker

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa