Huisgenoot

WEES SO VEILIG MET ’N VERWARMER

- Me n-veiligheid­onse, opleiding nol - ddingsn aslekg

Etanolverw­armers is gewild omdat hulle skoon brand en fraai kan lyk. Maar wees versigtig, want sodra ’n etanolverw­armer aangeskake­l is, is daar vlamme binne-in, sê Wessel Slabbert, brand-en-veiligheid­spesialis van IFRT Spill Response, ’n ondernemin­g wat brandveili­gheidsople­iding doen. As ’n mens dan nog etanol bygooi, kan dit die vlamme die hoogte laat inskiet sodat die houer met die res van die brandstof ook aan die brand slaan.

Wanneer jy jou verwarmer met etanol wil hervul, moet jy dit doen eers nadat die vlamme dood is. “Dit beteken eers nadat die verwarmer al die brandstof opgebrand het. Jy moet wag tot dit afgekoel het en toets of jy met jou hand aan die verbrandin­gskamer kan vat sonder dat jy brand.”

Elke verwarmer het gevare waarop ’n mens bedag moet wees, sê Wessel. Elektriese staafverwa­rmers kan materiaal en soms selfs meubels aan die brand steek as dit daarmee in aanraking kom of selfs net te naby staan, verduideli­k hy.

Ook gasverwarm­ers moet op ’n veilige afstand van vlambare stof gehou word. Gasverwarm­ers het ook nog die moontlikhe­id van ’n gaslek- kasie wat kan ontplof of mense kan oorval. Wees veral versigtig wanneer jy ’n sterk gasreuk ruik; ; dit beteken die gasbottel lek. Volgens Wessel is waaierverw­armers wat warm lug uitblaas ba baie veilig, maar dit is belangrik dat die ver verwarmer vanself kan afskakel as dit omgest omgestamp word. “Dié soort verwarmers is baie d doeltreffe­nd, maar dit is belangrik dat die v verwarmer nie te na aan die vloer staan nie s sodat die vloer onder die verwarmer nie te warm word en dit byvoorbeel­d die mat b brand nie.” Konveksiev­erwarm Konveksiev­erwarmers is veilig omdat dit nie warm genoeg raak om iets aan die brand te steek nie. M Maar Wessel meen dit kan gevaar inhou as daar ’n kortsluiti­ng is of die lugvloei bep beperk word. Lees altyd di die aanwysings van jou verwarmer en volg dit noukeurig. As jy geluk gelukkig genoeg is om ’n kaggel te hê hê, is dit belangrik om die kaggel e en die skoorsteen skoon te h hou, sê Chitra Bodasing, woordvoe woordvoerd­er van ER24. Die vuur moe moet altyd klein genoeg wees om maklik te beheer. ’n Vuurbes Vuurbestan­de skerm voor die kaggel s sal keer dat kooltjies uitspring uitspring. “Hou vlambare stof weg van die vuur en maak seker die vuu vuur is dood wanneer jy gaan slaap.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa