Huisgenoot

UIT MET DIE OUE, IN MET DIE NUWE

Corné kyk positief na 7de Laan se besluit om nie haar kontrak te hernu nie – sy kan immers nou iets nuuts bied

- Deur MARISA FOCKEMA

VYF en ’n half jaar lank het sy in 7de Laan die skoene vol gestaan van die spontane wysneus Kim Conradie, die karakter wat so lekker kon skinder en vir ’n hele paar liefdesdri­ehoeke gesorg het. Maar nou is Corné Crous een van verskeie akteurs wat die gewilde SABC2sepie verlaat (sien regs bo).

Al het sy aan die einde van verlede maand gehoor die sepie gaan nie haar kontrak hernu nie, lyk die donkerkopa­ktrise kalm en ontspanne waar ons naby 7de Laan se stel gesels. “Ek is opgewonde oor die nuwe vryheid wat ek gaan hê. Dit dwing my om van voor af te begin en aan maniere te dink om iets nuuts te bied.” Sy lag. “Die praktiese Corné redeneer: ‘Ek moet eet; ek moet ’n salaris verdien.’ Maar die idealistie­se Corné sê: ‘Wonderlik, wat kan ek volgende doen?’ ”

Omdat sy weet die bedryf is onseker, het Corné (27) gesorg dat sy ook agter die skerms ondervindi­ng opdoen deur op verskeie fliek- en TV-stelle te werk. “Ek sê al my lewe lank: As jy stres oor iets, is dit buite jou beheer. Hierdie situasie is nie buite my beheer nie: Ek moet net aan die werk spring, iets nuuts uitdink, ’n storie skryf, ’n fliek maak, vir oudisies gaan en harder werk aan ons musiekgroe­p,” sê Corné, lid van die groep Paper Plane City. “Daar is altyd iets om te doen.”

STILSIT kan sy nie. Toe haar ouers haar ná haar dramastudi­e aan die Universite­it Stellenbos­ch in 2010 die geleenthei­d gee om ’n brugjaar te neem, het sy gou verveeld geraak. “Ek het 7de Laan gebel om te hoor of hulle vir my ’n werk het.”

’n Paar dae later is dié Kapenaar (toe 21) Johannesbu­rg toe om twee weke lank die rol van Kim te vertolk. Voor sy kon dink wat volgende voorlê, het 7de Laan haar genooi om vir nog drie weke terug te kom. “Ek het my tasse gepak en besluit

 ??  ?? Mimi Mahlasela (Aggie) Kristen Raath (Amorey) Carina Nel (Alexa) Hildegardt Whites (Bonita) Vinette Ebrahim (Charmaine) David Rees (Chris) Hennie Jacobs (Diederik) Annelisa Weiland (Hilda) Dann-Jacques Mouton (Justin) Themsie Times (Maria)
Mimi Mahlasela (Aggie) Kristen Raath (Amorey) Carina Nel (Alexa) Hildegardt Whites (Bonita) Vinette Ebrahim (Charmaine) David Rees (Chris) Hennie Jacobs (Diederik) Annelisa Weiland (Hilda) Dann-Jacques Mouton (Justin) Themsie Times (Maria)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa