Huisgenoot

BLOEDSPOOR VAN ’N VRAGMOTOR

Hartverske­urende menseverha­le oor die slagting wat ’n massamoord­enaar op Bastilleda­g in Nice uitgevoer het

- Saamgestel deur LARA ATSON (Blaai om)

HY KON KONskaarsw­agskaars wag om vir die eerste keer in sy lewe ’ n vuurwerkve­rtoning te sien. Klein Yannis Coviaux (4) was in die sewende hemel: Nie net was hy saam met sy ouers, Mickaël en Samira, by die see in die Franse kusstad Nice nie; dit was ook Frankryk se jaarlikse Bastilleda­g-vierings en hulle het die aand gesien hoe die hemelruim bokant dié gewilde toeristest­ad in bont vlamme verkleur.

Min het die gesin geweet dit sou die laaste keer wees dat hulle saam ’n vuurwerkve­rtoning sou geniet.

Yannis was besig om met sy speelgoedk­ar te speel in die beroemde Promenade des Anglais, ’n wandelgang wat vir verkeer afgesper is. Sy ouers was net ’n paar treë van hom af.

Meteens was die duiwel los toe ’n 19 tvragmotor die skare binnejaag. Yannis is 9 m die lug ingeslinge­r. Mickaël kon sy vrou red, maar nie sy seuntjie nie.

Onder die minstens 84 mense wat in dié aanval gesterf het, was 10 kinders. Nog meer as 200 mense is beseer toe die Tunisies gebore Mohamed Lahouaiej Bouhlel (31) in ’n vragmotor wat hy twee dae tevore gehuur het deur die skare van 30 000 mense ploeg.

Desperate ouers het hul kinders uit die pad gestamp, ander is vertrap en party het hulpeloos toegekyk hoe Mohamed, self ’n pa van drie jong kinders, oor stootwaent­jies gejaag en onskuldige feesganger­s en kinders afgemaai het voor die polisie byna 2 km verder op hom losgebrand en hom doodgeskie­t het. ’n Voorraad vuurwapens, waaronder handgranat­e, is in die vragmotor gevind.

Die terreurgro­ep Islamities­e Staat (IS) het sedertdien verantwoor­delikheid vir die aanval aanvaar en Mohamed ’n “soldaat” genoem, maar die Franse minister van binnelands­e sake, Bernard Cazeneuve, het teen druktyd gesê hulle het nog nie klinkklare bewyse dat Mohamed inderdaad bande met die IS het nie.

Nadat die vragmotor verby hulle gejaag het, het Mickaël begin bid dat sy kind oorleef het. “Maar toe sien ek hom 20 m voor my lê. Hy was vol bloed,” vertel hy.

Mickaël het sy seuntjie opgetel en “soos ’n mal man” begin hardloop na die naaste hospitaal, 1,6 km daarvandaa­n. Dokters het Yannis onverpoos probeer red. Teen die tyd dat Mickaël se vrou by die hospitaal opgedaag het, was hul seuntjie reeds dood.

Die hospitaal het Yannis, toegemaak in ’n wit laken, aan Mickaël gegee. “My vrou het gegil,” vertel die gebroke pa. “Dis asof my hart uitgeruk is,” sê hy.

Ander gesinne is amper heeltemal uitgewis. Christophe Lyon het ses gesinslede verloor: sy vrou, Veronique Lyon (55), seun, Pellegrini (28), ouers, Gisele (63) en Germain Lyon (68), en skoonouers, Francois (82) en Christiane Locatelli (78).

Die tabakhande­laar Timothy Fournier (27) het die hoogste prys betaal om sy swanger vrou en ongebore kind te red. Hy het hulle uit die vragmotor se pad geslinger, maar is self getref. SOMBER atmosfeer heers in Nice sedert die jongste slagting in die terreurget­eisterde Frankryk. In November verlede jaar is 130 mense in ’n terreuraan­val in Parys om die lewe gebring.

Toe die promenade in Nice twee dae ná die gru-aanval heropen word, was droë bloedkolle nog sigbaar op die byna 2 km lange misdaadton­eel. Oral waar mense gesterf het, is blomme en briefies geplaas.

Baie mense het intussen hart oopgemaak oor wat hulle dié aand aanskou het. Marie Cabot (23) sê haar kêrel het gesien hoe “lyke oral vlieg. Hy het gesien hoe stootwaent­jies verpletter word,” het sy aan MailOnline vertel. “Hy het met ’n sesjarige seuntjie gepraat en vyf minute later is die seuntjie getref en dood. Hy is steeds in ’n toestand van skok.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa