Huisgenoot

MEER OOR DIE BASTILLEDA­G-MASSAMOORD­ENAAR

-

(Van vorige bladsy) Chantal Cordwell (63) het ternouerno­od aan die dood ontkom terwyl sy op ’n fiets gery het. “Ek was gelukkig,” vertel sy. “Die terroris het rondom die busskuilin­g gery en ek was daaragter. As dit nie daar was nie, sou hy my getref het.”

Party feesganger­s het in hotelle en restaurant­e skuiling gesoek.

Fatima Charrihi, ’n ma van sewe kinders, was glo die eerste slagoffer van die aanval. Haar seun Hamza sê sy ma was ’n toegewyde Moslem. “Sy het ’n kopdoek gedra en het ware Islam beoefen, nie die terroriswe­ergawe nie.”

Alexandre Migues het aan die koerant Nice-Matin vertel hoe hy op sy fiets die vragmotor agternages­it en die deur aann Mohamed se kant probeer oopmaak het. “Hy het in sy sak gesoek, ’n vuurwapen uitgehaal en dit op my gerig,” vertel Alexandre.

Hy het sy heldedaad laat vaar, maar moes toe toekyk hoe ’n man op ’n brom- ponie homself en sy ryding onder die wiele van die vragmotor gooi. Hy kon toee sien die vragmotor se spoed neem af.

Bouchra Marzouk, ’n rekenmeest­err van Marokkaans­e afkoms, se 13-jarige e dogter, Chérine, het uit ’n koma ontwaakk en vir die eerste keer gepraat. Bouchra a vertel dit is vir haar ’n klein sprankiee troos nadat sy haar seun en Chérine see tweelingbr­oer, Mehdi, en haar jonger r Teen ons druktyd het die polisie reeds sewe verdagtes ondervra wat met Mohamed Lahouaiej Bouhlel verbind kan word nadat hulle sy selfooninl­igting ontleed het. Onder hulle is sy vervreemde vrou, Hajer Khalfallah, die ma van sy drie kinders.

Die Franse minister van binnelands­e sake, Bernard Cazeneuve, sê Mohamed, wat dit altyd geniet het om salsa te dans en in die gim te sweet, is byna oornag gewerf om hom tot die radikale Islam te bekeer. Hy het in die agt dae voor die aanval om godsdienst­ige redes ’n baard gekweek. Die Franse owerheid het bevestig die aanval is vooraf beplan, maar kon nie ’n band tussen hom en die IS bevestig nie.

Sy vriende en familie hou vol hy was nie godsdienst­ig nie. Hulle sê hy het gedrink, dwelms gebruik en varkvleis geëet, alles verbode ingevolge sy geloof. Hy was glo op medikasie vir skisofreni­e, alkoholism­e en depressie. Mohamed is medisyne voorgeskry­f om sy toenemende gewelddadi­ge uitbarstin­gs te beheer. Hy het al van 12-jarige ouderdom af medikasie gebruik en het al met die suster, Fatima (43), in die gru-aanval verloor het.

Fred Colombo (32), ’n vertaler wat in Nice woon, sê die stad is berug vir sy groot getal radikale Moslems. “Nice is al jarej bekend as ’n plekp waar terroriste ge- werf word om in Sirië en Irak te baklei. Ons het geweet so iets gaan eendag hier gebeur. Dit is ’n skok, maar dit verbaas my nie.” BRONNE: NYTIMES.COM, DAILYMAIL.CO.UK, WSJ.COM, NEWS. SKY.COM, IRISHTIMES.COM, THEGUARDIA­N.COM, MIRROR.CO.UK, TELEGRAPH.CO.UK

 ??  ?? BO: Familieled­e vertroos Tahar Mejri (middel) wat sy vierjarige seun, Killian (INLAS), en vrou, Olfa, in die vragmotors­lagting verloor het. HEEL REGS BO: ’n Vrou huil op die Promenade des Anglais in Nice waar minstens 84 mense doodgery en meer as 200...
BO: Familieled­e vertroos Tahar Mejri (middel) wat sy vierjarige seun, Killian (INLAS), en vrou, Olfa, in die vragmotors­lagting verloor het. HEEL REGS BO: ’n Vrou huil op die Promenade des Anglais in Nice waar minstens 84 mense doodgery en meer as 200...
 ??  ?? BO: Mohamed Lahouaiej Bouhlel het skares feesganger­s op Bastilleda­g vermoor. REGS: Sy wapen was hierdie 19 t-vragmotor.
BO: Mohamed Lahouaiej Bouhlel het skares feesganger­s op Bastilleda­g vermoor. REGS: Sy wapen was hierdie 19 t-vragmotor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa