Huisgenoot

WAT VAN TIENERS?

-

Die liggaamsri­tme ondergaan tydens puberteit beduiende veranderin­gs sodat jy eensklaps nie meer op dieselfde tyd wil slaap en opstaan nie. Maar hoewel biologiese veranderin­gs gebeur wat dit vir tieners makliker maak om langer wakker te bly, verander die hoeveelhei­d slaap wat hulle kort nie dienooreen­komstig nie. Die meeste tieners het snags nege uur slaap nodig om bedags goed te funksionee­r.

Die tienerjare is ’n bedrywige tyd in hul lewe, met huiswerk, buitemuurs­e aktiwiteit­e en sosiale eise, om nie te praat van al die tyd wat elektronie­se toestelle en sosiale media in beslag neem nie; daarom kan dit ’n uitdaging wees om gereeld nege uur slaap te kry.

’n Slaaproeti­ne vir tieners is ook belangrik, maar ’n 15-jarige sal waarskynli­k sy oë rol wanneer jy so iets noem. Stel die volgende op die proef:

Moedig hulle aan om hul slaaptyd gedurende die week en oor naweke binne ’n twee-uur-tydperk te hou, met ander woorde: geen afwykings van ’n uur vroeër of later as die gewone tyd nie.

As hulle bedags pootuit is, kan jy hulle aanraai om ná skool ’n uiltjie te knip. Dit moenie langer as ’n halfuur wees nie, want ’n lang middagslap­ie kan dit dalk moeiliker maak om saans aan die slaap te raak.

Stadig met die koffie. ’n Skeut kafeïen kan jou tiener dalk bedags op en wakker laat voel, maar te veel daarvan kan met hul slaap inmeng.

Verduideli­k hoekom dit belangrik is om toestelle af te skakel. Moenie ’n televisies­tel in hul kamer toelaat nie en sorg dat hulle ’n uur voor slaaptyd so min moontlik elektronik­a gebruik.

Stel die beligting van elektronie­se toestelle saans dowwer om die gevaar van slaapontwr­igting te verminder en herinner hulle daaraan om die toestel minstens 36 cm van hul oë af te hou. EKSTRA BRONNE: DAILYMAIL.CO.UK, MINDBODYGR­EEN.COM, MIRROR.CO.UK, SLEEPFOUND­ATION.ORG, MAYOCLINIC.ORG

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa