Huisgenoot

VERLORE JARE MET ROKJAGTER

-

Tien jaar gelede het ek ’n man in ’n internet-afspraakpo­rtaal ontmoet. Hy is 13 jaar jonger as ek. Ná agt ongeloofli­k gelukkige maande het ek uitgevind hy is getroud. Ek was toe al hopeloos te lief vir hom om hom te los; daarom het ek jare lank gewag vir die “egskeiding”.

Hy en sy vrou deel glo al jare nie meer ’n kamer nie. Hy het al talle ander verhouding­s gehad terwyl ek in sy lewe is. Ons maak uit, maar los mekaar nie. Ek weier nou om sy oproepe te beantwoord, maar my lewe val heeltemal uitmekaar. Ek is nog lief vir hom.

GMS op MWWE

Eindelik het jou oë oopgegaan vir hierdie ontroue misbaksel van ’n vroueverku­ller. Nou moet jy net momentum behou in jou poging om van hom weg te kom.

Jy het ’n aksieplan nodig om uit die kloue van hierdie liefdesver­slawing te kom. Kry ’n nuwe selfoonnom­mer en e-posadres, vermy plekke en geleenthed­e waar jy hom dalk kan raakloop en blokkeer sy toegang en nuusvoer op sosiale media sodat jy niks van sy doen en late weet nie. Bou vir jou ’n steunnetwe­rk van vriendinne wat jy kan kontak as jy oor hom wil praat. Soos ’n rekenaar moet ’n mens ’n verstek-opsie inbou wanneer jy van iemand wil vergeet.

Doen moeite om nuwe vriende te maak. Doen ook iets wat jou lewe kan verander, soos om ’n nuwe werk te kry of met vakansie te gaan sodat jy uit die groef kom waarin jy 10 jaar lank was.

’n Mens kan met vasberaden­heid en ondersteun­ing ’n liefdesver­slawing oorkom, maar soos enige ander verslaafde moet jy dit regtig wil doen. Nes ’n verslaafde nie weer moet dwelms gebruik of drink nie, kan jy dit nie bekostig om hierdie man ooit weer te sien nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa