Huisgenoot

NUWE DVD’S

- Romantiese komedie. Donnalee Roberts) R149*. Ivan Botha), * DVD’S is teen dié pryse beskikbaar by takealot.com. 2015. 114 min. 16DT. Komedie. 2016. 103 min. 13G. R129*. Aksiekomed­ie. R129*.

VIR ALTYD

2016. 100 min. O. Nina ( droom al van kleins af oor die volmaakte troue, maar toe haar bruidegom haar voor die kansel los, stort haar wêreld in duie. Die onthaal ontaard in ’n wilde partytjie, en voor sy tot haar sinne kan kom, is sy en haar vervreemde jeugvriend, Hugo ( in Mauritius vir haar “wittebrood”. Hier kruis hul pad met twee ouer pare by wie Nina leer dit is nie die troudag wat tel nie; dis die leeftyd saam.

Oom Paul en tannie Betsie, gevoelvol en prettig gespeel deur die veteraanak­teurs Wilson Dunster en Elize Cawood , gee die prent humor en ’n hart. Maar Illse Roos steel die kollig met haar subtiele vertolking van ’n verwaarloo­sde vrou wat alles sal doen om haar huwelik te red.

Vir Altyd is die tweede fliek wat Roberts en Botha geskryf en vervaardig het. Die sukses van die eerste een, Pad na Jou Hart (2014), het kykers hoë verwagting­s laat koester en gelukkig stel hierdie rolprent nie teleur nie.

Net soos sy voorganger, het Vir Altyd ’n bietjie meer diepte as jou deursnee romantiese komedie, sonder om ooit werklik die ligte trant van ’n komedie te verloor. Dit is die ideale fliek dié vir ’n romantiese kuier of ’n aandjie vir die vroue. – ANNEKE STREICHER

SPOTLIGHT

2015. 124 min. 13T. Ware lewensdram­a. In 2001 stel The Boston Globe se redakteur (Liev Schreiber) voor die koerant se ondersoeks­pan, Spotlight, bekyk bewerings dat Katolieke priesters kinders molesteer. Pleks van die skokkende besonderhe­de uitbuit, skram die regisseur, Tom McCarthy, van sensasie weg en vestig die aandag op die feite, wat sorgvuldig ingesamel word. Al klink dit vervelig, verhoog dit die trefkrag. Terwyl die legkaart stuk vir stuk voltooi word, groei die gevoel van onheil en hou jou vasgenael voor die skerm. Spotlight het die Oscar gewen as beste rolprent – SANDRA VISSER

SISTERS

Toe hul ouers hul gesinshuis in die mark sit, besluit die wanfuksion­ele dogters Maura en Kate (die Saturday Night Live-sterre Amy Poehler en Tina Fey) om dit ’n laaste keer te besoek. Ewe onverantwo­ordelik nooi hulle ou skoolvrien­de na ’n reuse-afskeidspa­rtytjie wat die huis verwoes. Maura, ’n verpleegst­er wat onlangs geskei is, kry selfs tussen alles deur ’n nuwe kêrel (Ike Barinholtz). Sisters se ou bekende storie maak elke grap voorspelba­ar, maar die egte vonk tussen die hoofakteur­s, beste vriende in die regte lewe, red die komedie van volslae middelmati­gheid. Genotvol, maar nou nie juis onvergeetl­ik nie. – PETRUS MALHERBE

RIDE ALONG 2

Wanneer jy besluit om Ride Along 2 te kyk, moet jy weet waarvoor jy jou inlaat: kougom-tussen-die-oë-humor met die krag van ’n uitgeputte trapper aan die stuur van ’n fietstaxi. In die fliek word die storie van die eerste (ewe flou) gelyknamig­e polisiekom­edie ná ’n kort onderbreki­ng hervat. Met sy troudag wat om die draai is, gaan Ben (Kevin Hart) saam met sy toekomstig­e swaer, James (Ice Cube), na Miami om ’n dwelmhande­laar (Benjamin Bratt) te laat les opsê. Kevin en Ice Cube moet hulle eerder op van hul ander werk roem. – ANNAMI MAILOVICH Pryse was korrek met druktyd en is onderworpe aan veranderin­g sonder kennisgewi­ng.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa