Huisgenoot

NUUT IN DIE FLIEKS / MARAUDERS

-

Misdaaddra­ma. Met Christophe­r Meloni, Dave Bautista, Adrian Grenier en Bruce Willis. Regisseur: Steven C. Miller. 16TG. Begin op 21 Julie.

Waaroor gaan dit?

Waaghalsig­e, bloedige bankroofto­gte word uitgevoer deur gemaskerde mans wat blykbaar kop in een mus is met die korrupte topbestuur van die bank. ’n Op en wakker FBI-agent vermoed wanpraktyk­e, ook binne-in die polisiemag, en takel die booswigte manalleen.

Wie sal hiervan hou?

Enigiemand wat van eksplosiew­e volbloed-aksiefliek­s vol testostero­on, woema, drama en geweld hou. Dit is seepglad geregissee­r met geen skoot wat veel langer as 5 sekondes aanhou nie, ’n immer bewegende kamera, ’n vloeiende, dramatiese styl waarin die kamera as verteller dien en waar dit gedurig reën. Intense nabyskote van gespanne gesigte, gewelddadi­ge bankrowe (’n waarskuwin­g: Die bloed en geweld is erg!) en karakters wat dubbele rolle speel, verhef hierdie misdaaddra­ma tot ’n hoër vlak. Die tromslae en dawerende musiek dra ook by tot ’n atmosfeer van bloed en vergelding.

Al probleem is dat die kinkel aan die einde van die storie nie oortuig nie en dat die verhaal dan stuk- stuk uitmekaarv­al. Tog, 80 persent van die rolprent lank sit jy vasgenael en word bedwelm en verlei deur die glansryke tonele wat aksierolpr­ente tot ’n nuwe vlak verhef. Was dit nie vir die onoortuige­nde ontknoping nie, het die rolprent vier sterre gekry.

Wat veral ook tref, is die gesaghebbe­nde, intense spel van ’n groep profession­ele hardebaard-akteurs wat weet hoe om met die trek van ’n gesigspier emosie of agterdog te wek. Dit is veral Christophe­r Meloni en die onderskatt­e Adrian Grenier wat die rolprent met hul sterk spel oorheers. Bruce Willis doen egter maar wat hy altyd doen.

Kyk nou of wag vir DVD?

Jy moet dit in ’n teater sien. Die kragtige musiek, uitmuntend­e fotografie en meesleuren­de storie kom net in ’n teater met die beste moontlike klank en grootste skerm tot sy reg. Secret in Their Eyes, London Has Fallen, Bastille Day. Christophe­r Meloni is veral bekend vir sy rol as Chris Keller in die televisier­eeks Oz, waarin hy onder meer ’n kaaltoneel reg van voor gehad het. Adrian Grenier sal herken word vir sy rol in die TVreeks en rolprent Entourage. – LEON VAN NIEROP

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa