OP ’N TRAPMEUL
Emma Donoghue, die skrywer van Room, gesels oor haar nuwe roman en hoe sy oefening kry – terwyl sy skryf
SY HET mense in 2010 laat regop sit met haar aangrypende roman Room. Die storie is vertel uit die perspektief van ’n vyfjarige seuntjie wat saam met sy ma in een vertrek aangehou word. Nou is Emma Donoghue (46) terug met ’n nuwe roman, Frog Music.
Die Iers- Kanadese skrywer beantwoord vrae oor wie sy is en wat haar skryfgewoontes is.
Oor Frog Music
Dit gaan oor ’n meisietjie in Ierland in die 1850’s wat nie eet nie (dis voor anoreksie bekend was). In daardie dae was daar allerhande stories as jy ’n kind gehad het wat nie eet nie. Party mense het gemeen so ’n kind is fisiek siek, ander dat sy emosioneel siek is en nog ander dat sy superkragte het.
Ek hou baie van historiese fiksie. Hoewel historiese gebeure tot in die hede herhaal word, bly die verlede vir ’n mens vreemd.
Sy vermy dit om uit eie ervaring te skryf
Daar’s op die oomblik baie klem op die outobiografiese in fiksie. Ek verkies om ander mense se lewe en wêreld te betree.
Ek hou daarvan as my lesers nie besef hulle het al drie van my boeke gelees nie, want hulle dink daaraan as aparte stories omdat die styl so verskil.
Haar agtergrond
Onder redaksie van Ek’s “Iers-Kanadees”, wat beteken ek is totaal Iers. Ek het in Ierland gewoon tot ek 20 was, toe agt jaar in Engeland en toe Kanada. Dis ’n slim manier om te sê ek het ’n voet in twee kampe. My ideaal sou wees Britse koerante, die weerwee van die suide van Frankryk,Fran Amerikaanse televisievisi en die hoflikheid van die Kanadese. Nie net een land kan my nou bevredig nie.
EmmaEmm as kind
Ek wou altyd die grootmense gelukkigg hou en 10 uit 10 vir toetse kry. Ek lees en skryfskr al toegewyd vandat ek agt was. Ek was nooit regtig ELNA VAN DER MERWE ’n adolessent nie. Ek was nog nooit dronk nie en is nog nooit in hegtenis geneem nie.
Hoe sy skryf
In Kanada skryf ek op ’n trapmeul. Dit klink gek, maar as jy dit eers onder die knie het . . . As jy jou in jou skrywery verloor, kom jy nie agter hoeveel kilometer jy loop nie.
Oor 10 jaar gaan ons almal op hulle wees.
Waarom sy nie oor haar godsdiensoortuigings praat nie
Dis die pynlikste onderwerp om in detail te bespreek. Jy klink verwaand of verward die oomblik dat jy jou mond oopmaak. Ek weet nie hoe om dit rasioneel te verdedig nie, maar dis hoe my wêreld draai.
Hoe die tye verander het vir gays en lesbiërs
Wanneer ek dink hoe verleë en beteuterd so baie gay mense rondom 1990 gevoel het, is dit onherkenbaar.
Hier is ek nou met ’n gesin én ek is ’n lesbiër – toe ek jonger was, het ek regtig gedink dit sal die een of die ander wees.
Waarom dit wys is om verskoning te vra
Daar’s baie te sê vir die oombliklike apologie as ’n mens in ’n verhouding is. Selfs op mikrovlak – as jy die laaste koffie in die pot drink en sy wou ook gehad het.
Die voordele van ouerskap
Die wonderlike ding is dat dit jou vrye tyd beperk. Dit gee jou wonderlike geesdrif vir jou werk. Jy hardloop studeerkamer toe om weg te kom van die stootwaentjie in die voorportaal.
Hoekom die afgelope jaar die beste van haar lewe was
Die rolprent van Room (met Brie Larson en Jacob Tremblay waarvoor Emma die draaiboek geskryf en waarvoor sy ’n Oscar-benoeming gekry het) was suksesvol en het baie geld gemaak.
Nou woon ek in Nice (Frankryk), waar my lewensmaat, Chris, navorsing doen oor 19de-eeuse letterkunde.
Ek weet nie hoe my vriende anders kan as om my te haat nie. © GUARDIAN NEWS & MEDIA LTD 2016