ANIKA SMIT
Mike en oudbrig. Piet Byleveld het dag en nag gewerk. Weke later het hulle Dube weer agter tralies gehad. Hy is ’n vonnis van 10 keer lewenslank en 114 jaar agter tralies opgelê. Mike is ook die ondersoeker in die moordsaak van Anika Smit, die Pretoriase skolier wat in 2010 in haar ouerhuis verkrag en vermoor is, waarna haar hande afgekap is.
Met Oscar se saak was daar ander druk. Die nasionale en internasionale media het onder ’n vergrootglas alles dopgehou wat hy doen. Boonop was daar voor hy betrokke geraak het omstredenheid oor die ondersoek. Hilton Botha, die vorige ondersoekbeampte, is van die saak afgehaal nadat dit geblyk het hy self word vir sewe klagte ondersoek.
In Februarie vanjaar is Hilton en twee oudkollegas onskuldig bevind op sewe klagte van poging tot moord op ’n taxibestuurder en sy passasiers. Die hof het bevind hulle het reg opgetree toe hulle op die taxi se bande geskiet het om hom tot stilstand te probeer dwing. Die vooroorval waarvoor Hilton, Attie Bes ster,ter, voormalige bevelvoerder van die misdaadeenheid vir ernstige geweld in Boschkop, Pretoria, en ao. Wynandd Lourens van die misdaadintelligensie-eenheid voor die hof gedaag is, h het in Desember 2011 geb beur. Die saak is laat vaar, m maar toe vra adv. Barry R Roux hom in Oscar se b borgtogaansoek in Februar arie 2013 in die hof daaro oor. Twee dae later is Hilto ton deur Mike vervang.
Mike was dus nie eerste op die toneel nie en het nie Re Reeva se lykskouing bygewo woon nie. Die deur van die mo moordtoneel was boonop “gekontamineer” omdat dit in ’n kantoor gehou is en nie onder veilige bewaking nie. Dis alles faktore wat die verdediging sou kon gebruik om twyfel op die ondersoek te werp. Gelukkig het ervaring Mike geleer hoe om onder druk te werk.
Die ballistiese kenner lt.kol. Chris Mangena, die selfoonkenner Francois Moller, die patoloog prof. Gert Saayman, die bloedspatseldeskundige kol. Ian van der Nest, kapt. Bennie van Staden, wat die toneel geprosesseer het, en kol. Gerhard Vermeulen, bevelvoerder van die materiale-ontledingsafdeling van die polisie se laboratorium vir forensiese wetenskap, het soos ’n rugbyspan saamgespeel. “Ons is die voorspelers; ons doen die skrum. Maar ons moes die bal vir (die aanklaers) Gerrie Nel en Andrea Johnson aangee om mee te hardloop.”
Oor die jare het baie mense hom om die braaivleisvuur gepols oor wat in die saak aan die gebeur is, maar hy het nie ’n woord gerep nie. Ook nou wil Mike nie te veel oor die besonderhede gesels nie. Hy skud sy kop met ’n grynslag wanneer jy hom uitvra oor Osar se weergawe dat hy gedink het ’n inbreker is in sy badkamer. “Ek sê altyd:
Dis sy weergawe.” Nee, hy kry Oscar nie jammer nie. Nie eens wanneer hy huil nie. Hy het al beskuldigdes in ’n hof sien huil, maar die opgooiery was ’n eerste.
Voel hy gerus met Oscar se skuldigbevinding? Ja, sê hy. En oor die vonnis? Baie mense kla Oscar is te lig gestraf, maar Mike sê hy aanvaar die hof se beslissing. Een ding is seker, meen hy: Oscar se lewe is verwoes. “Die tronk is ’n koue, mislike plek. Daar word vir jou gedink. Alles word vir jou besluit, wanneer jy eet, wanneer jy moet gaan slaap of opstaan.” Hy vat ’n sluk boeretroos: “Jy het nie eens die vryheid om vir jou ’n koppie koffie te maak nie. Dit is nie ’n gratis hotel soos wat mense dink nie. Dit is nie.”
Eindelik reken hy dinge het reg uitgewerk. Hy sou nie kon slaap as die hof se bevinding onregverdig was nie. Hy doen wat hy kan om te verseker dat reg en geregtigheid elke keer geskied.