Huisgenoot

Die wêreld se naasgroots­teg tste fabriek

-

DIE aangesig van die woestyn in die Amerikaans­e deelstaat Nevada is drasties aan die verander. Die rede? ’n Revolusion­êre gebou wat by die stad Sparks verrys en eindelik 100 rugbyvelde sal beslaan. Maar dis nie net die reuseafmet­ings wat die gebou uitsonderl­ik maak nie; die toekomsvis­ie agter die ontwerp spreek van die ewe revolusion­êre produk wat hier vervaardig sal word.

Heel gepas is die gebou geleë in Electric Avenue. Dis immers die nuwe “batteryfab­riek” van Tesla, die bekende vervaardig­er van elektriese motors, wat in Kalifornië gemonteer word.

Wit, plat en uitgestrek, met ’n rooi streep om die bokant wat ’n mensmens herinner aan die Suid-Afrikaans gebore ebore Elon Musk se eerste Tesla Roadster.. En met sy plat dak bedek deur sonpanele e sal die fabriek net so groen wees soos die motors.

In die voorportaa­l pryk die hoëtegnolo­gie-onderstell­e van Tesla se Model S en Model X nes beeldhouwe­rke. Daar is ook ’n skaalmodel van ’n Supercharg­er,arger, die elektriese motor se “petrolpomp”.mp”. Welkom by Tesla Gigafactor­y 1, wat t gestalte moet gee aan Elon se droom vanan ’n vervoerrev­olusie en ’n groener wêreld.reld.

Nog tot onlangs was Tesla bra geheimsinn­ig oor sy fabriek; vra maar die twee joernalist­e van die plaaslike Reno eno Ga- zette Journal wat gaan steelfoto’s neem het. Hulle het met hul Jeep in wagte vasgery toe hulle probeer wegvlug. En toe klap die vuiste boonop! Volgens die koerant het die wagte sy werknemers eerste te lyf gegaan, maar Tesla het dit betwis.

Elon se reklamespa­n wil nie die aap uit die mou laat voor die Gigafactor­y se openingser­emonie einde vandeesmaa­nd nie. Net sekere BBP’s is genooi, asook ’n aantal Tesla-eienaars wat uitnodigin­gs “gewen” het. Met die Tesla Model 3 – Elon se eerste elektriese motor vir die massamark – se onthulling het motoreiena­ars ook as gaste voorkeur bo die media gekry.

Staan opsy, hier kom die “groen” Henry Ford . . . Elon se ambisieuse planne met die Model 3 is juis die groot rede vir die Gigafactor­y van R74 biljoen. Die skatryk tegno- logiemagna­at, wat ook Mars toe mik met sy SpaceX-projek, het onlangs die motorbedry­f laat regop sit met sy verklaarde produksied­oelwit: Hy wil teen 2018 ’n halfmiljoe­n Model 3’s per jaar bou.

Maar vir sy strewe om ’n bekostigba­re elektriese ryding vir gewone mense te bou, het hy ’n allemintig­e klomp litiumioon­batterye nodig, een van die duurste komponente van Tesla-motors.

Deur dit op groot skaal en onder een dak te vervaardig hoop Tesla om die koste met ’n derde te verlaag – en aan kopers deur te gee.

Net Boeing se vliegtuig fabriek in die staat Washington sal groter wees as die Gigafactor­y. Maar in ’n sekere opsig is dit tog die grootste g gebouou ter wêrel wêreld. “Die Gigafactor­y sal die grootste voetspoorv­oetsp hê van enige gebou van enige aard,” hethe Elon by die Model 3-onthulling verduid verduideli­k.

“Wat batterye betref, moet onson om-

 ??  ?? Dié vaartbelyn­e nunutsvoer­tuigvoertu­ig se versnevers­nelling laat ’n mens se oë traan. Hoewel dit dduur is, kan dit beskobesko­u word as nog ’n stap in Elon se Tesla-Teslameest­erplameest­erplan om “groen” motors binnbinne almal se berebereik te plaas.
Dié vaartbelyn­e nunutsvoer­tuigvoertu­ig se versnevers­nelling laat ’n mens se oë traan. Hoewel dit dduur is, kan dit beskobesko­u word as nog ’n stap in Elon se Tesla-Teslameest­erplameest­erplan om “groen” motors binnbinne almal se berebereik te plaas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa