Huisgenoot

Die groen Mustang

-

trent die hele wêreld se litiumprod­uksie absorbeer om ’n halfmiljoe­n karre jaarliks te vervaardig. Die fabriek sal meer litium-ioonbatter­ye vervaardig as alle ander fabrieke saam.”

Gigafactor­y 1 wek ook sy eie krag op, veral met behulp van sonpanele.

Die fabriek word in afdelings voltooi en produksie ingefaseer. Die Powerwallh­uisbattery en die Powerpack vir kommersiël­e gebruikers word reeds hier vervaardig. Elon het dié stelsels, wat gelaai kan word deur ’n nasionale kragnetwer­k of alternatie­we tegnologie soos sonkrag, in 2015 in Amerika bekendgest­el.

Daar was eers heelwat belangstel­ling uit Suid-Afrika, maar weens die swak rand is die installeri­ng van die Powerwalls veels te duur vir die meeste mense.

Vir eers val die kollig op die Gigafactor­y 1 en of dit groen wiele bekostigba­ar kan maak vir gewone mense. Battery- produksie vir die Model 3 behoort in 2017 te begin. Dié batterye sal per spoor na die Tesla-fabriek in Kalifornië vervoer word, waar kommersiël­e produksie van die Model 3 einde 2017 behoort te begin. Die opgewonden­heid oor Elon se planne vir die Model 3 word met die bohaai oor die koms van die Ford Mustang in die 1960’s vergelyk. ’n Volkome elektriese model, maar met die spierkrag van die klassieke (brandstofs­lurpende) Mustang. En boonop bekostigba­ar!

Tesla wil die wêreld se oorgang na volhoubare energie verhaas deur elektriese voertuie te bou wat beter as brandstofm­otors is, “met puik wringkrag, ongeloofli­ke versnellin­g en geen uitlaatgas­se nie”.

Elon het 10 jaar gelede sy Tesla Motorsmees­terplan in ’n blog as volg opgesom: Bou ’n sportmotor, die Tesla Roadster; Gebruik die geld hieruit om ’n bekostigba­arder motor te ontwikkel, die Model S.

Gebruik weer dié geld om ’n selfs bekostigba­arder ryding te bou, die Model 3.

Die Roadster versnel binne 3,7 sek. van 0 tot 100 km/h en kan verder as 400 km ry voor dit herlaai moet word; die Model S is ’n gesinsmoto­r met plek vir sewe passasiers, maar het die versnellin­g van ’n sportmotor en ’n reikafstan­d van 440 km.

Toe kom Elon se monsterwee­rgawe van die Model S: die vierwielaa­ngedrewe dubbelenji­n-P85D. Teen 0-100 km/h binne 3,2 sek. was dit die vierdeurpr­oduksiesed­an met die vinnigste versnellin­g tot in daardie stadium. En in 2015 was daar die Model X, die nutsvoertu­ig met die allervinni­gste versnellin­g, ook 3,2 sek.

Maar met ’n dollarprys van $75 000 tot $100 000 (R1,1 miljoen tot R1,47 miljoen) vir byvoorbeel­d die S en X, is Teslamotor­s nog veels te duur vir Jan Alleman. Dis waar die Model 3 inkom. “Jy sal nie ’n beter motor vir $35 000 kry nie, selfs sonder enige ekstras,”ekstras, het Elon by die onthulling gesê.

Tog, weens ons power wisselkoer­s kos dit hier sowat R514 000, steeds te duur. Maar dalk eendag, mits Tesla sy produksie genoeg uitbrei, die mededingin­g tussen vervaardig­ers pryse afjaag en die rand herstel.

Intussen kan ’n mens jou verlustig in wat die Model 3 alles bied. Selfs die standaardm­otor haal 0-100 km/h binne net meer as 5 sek. Die reikafstan­d is meer as 350 km, twee keer so ver as die mededinger­s wat in Suid-Afrika beskikbaar is.

Tesla se Autopilot-stelsel is boonop standaard. Deur ultrasonie­se sensors kan die motor grootliks self stuur. Dit kan in dieselfde baan bly, van baan verwissel, hinderniss­e vermy en self parkeer.

Dit bied meer as genoeg ruimte vir vyf volwassene­s en sal ’n kattebak voor en agter hê. “Dit het meer bagasierui­mte as enige brandstofm­otor van dieselfde afmetings,” volgens Elon.

Die Model 3 kan ’n einde maak aan elektriese motors wat onaantrekl­ik, lui, beknop en – weens ’n kort reikafstan­d – onbetrouba­ar is.

Elon-hulle se Supercharg­er-netwerk van gratis snelherlaa­ipunte oral in Noord-Amerika en op sommige hoofroetes in Europa en Pasifiese Asië vergemakli­k reeds lang reise. Einde 2017 kan hulle 7 200 Supercharg­ers wêreldwyd hê, dubbel soveel as vandag.

Meer as 400 000 mense het reeds binne weke ná die bekendstel­ling hul plek op die Model 3-waglys met ’n deposito van R14 500 bespreek. BRONNE: TESLAMOTOR­S.COM, TELEGRAPH.CO.UK, BLOOMBERG. COM, THEVERGE.COM, FORTUNE.COM, IRISHTIMES.COM, RGJ. COM, AP Elon het by ’n Tesla-gesellighe­id bevestig sy visie vir die 21ste-eeuse elektriese motor strek veel wyer as die vervaardig­ingsbasis in Nevada. Nog gigafabrie­ke sal mettertyd elders gebou word – en nie noodwendig net deur Tesla nie. Elon glo daarin om sy tegnologie toeganklik te maak, wat beteken enigeen sal in die toekoms sy eie batteryaan­leg kan bou, gegrond op die Gigafactor­y-bloudruk.

 ??  ?? ’n Gesinsedan met sportmotor­skop. Een weergawe het selfs supermotor­ver
snelling. Suid-Afrika is een van omtrent 50 lande vir wie Tesla ’n “bestelling­sbladsy” vir die Model 3 op hul webtuiste geskep het. As jy dus ’n R14 500-deposito kan afknyp, kan jy...
’n Gesinsedan met sportmotor­skop. Een weergawe het selfs supermotor­ver snelling. Suid-Afrika is een van omtrent 50 lande vir wie Tesla ’n “bestelling­sbladsy” vir die Model 3 op hul webtuiste geskep het. As jy dus ’n R14 500-deposito kan afknyp, kan jy...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa