Huisgenoot

PADVARK BEROKKEN GROOT SKADE

-

Meneer, jy met die wit Jetta wat ’n bus verbygeste­ek het op die Tonga-pad in Mpumalanga op ’n wit streep en blinde hoogte, het ’n ongeluk veroorsaak. Jy kan op jou knieë gaan en bly wees niemand is ernstig beseer nie, want die motor voor my het net betyds tot stilstand gekom om ’n trompop botsing te voorkom. Dis toe dat ’n ander bakkie in my vasjaag.

Jy het natuurlik weggejaag voor ek jou nommerplaa­t nommer kon kry.

Weens jou nalatighei­d het ek baie skade aan my motor. As ek jou nommerplaa­t kon gesien het, het ek jou opgespoor om vir my motor se skade te betaal. STAMPE EN STOTE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa