Huisgenoot

Wat sal ons doen sonder Days?

-

Ek is baie ongelukkig. Hoekom haal hulle Days of Our Lives en soveel ander lekker reekse van die TV af (En hier volg . . . die sonskynnuu­s, 7 Julie)? Hoeveel jare kyk ons nie al dié oulike sepie nie. ONGELUKKIG

Ek werk skofte en het altyd uitgesien na my sepies, veral Days op my af dae. Nou moet ek my TV-lisensie betaal, maar kan nie kyk wat ek wil nie. W, GEORGE

Ag nee, SAUK, los liewer Days of Our Lives en gooi The Bold and the Beautiful in die asblik. Dis baie vervelig. SM

Ek volg Days al baie jare lank. Alles om my kan vergaan, maar smiddae om vyfuur weet my kinders en man daardie tyd kyk ek Days en klaar.

Hoe nou gemaak? Hoe moet ons nou weet wat met Sammy en Stefano gaan gebeur? Ek hoop almal by die SAUK se agterent begin jeuk en hul vingers verander in vishoeke. Ek is smoorkwaad! SUSAN CRAFTS VENTER, FACEBOOK

Nou die aand sit ons The Bold and the Beautiful en kyk. Ridge en Caroline kan mekaar nie uitlos nie. Daarna is Rick en Maya aanmekaar.

Ons vier worshonde was saam met ons in die TV-kamer en kon ook nie hul pote van mekaar afhou nie.

My man het toe gesê ons moet liewer die TV afskakel, want hy is seker dis die origheid van Bold wat hulle so simpel maak. Besef die SAUK sesuur saans is baie kinders nog wakker? SUSAN SCHOEMAN

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa