Huisgenoot

SMS KORT BRIEWE

Jy kan vir ons kort briewe SMS na 36489. Begin met die woord HGBRIEWE. Elke SMS kos R1. Gesels gerus!

-

Ek het ’n versoek aan alle mans met ’n baard. Asseblief, manne, skeer tog net die boskaas hare in jou nek. Lang nekhare was nog nooit mooi nie. JULIANA, JOHANNESBU­RG Oor haweloses: My pa het altyd gesê: Wees vriendelik met almal; dit kan dalk ’n engel van die Here wees. MARIETJIE, WITBANK Ek wil graag vir Melanie du Bois baie sterkte toewens vir die toekoms (Ek het uit die as verrys, 21 Julie). Ons sal haar mis op 7de laan. Sy verdien geluk. RITA Novak Djokovic is ’n rolmodel vir duisende jong mense. Hy is ’n man uit baie moeilike omstandigh­ede wat bewys enigiets in die lewe is moontlik as jy die wilskrag het (Novak, die ewige student, 21 Julie). RINA

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa