Huisgenoot

TROUVREUGD­E NÁ DIE TRANE

Jalien het nuut begin nadat sy en haar ma, Manda, destyds in ’n liefdesdri­ehoek was

- Deur HILDA VAN DYK

DIS ’n idilliese prentjie. Op ’n mooi winterdag, by ’n dam water en met wit papiervoël­s wat bo hul kop hang, beloof die verliefde paartjie ewige trou aan mekaar. Die bruid is modelmooi in ’n guitige burleske-rok, soos ’n karakter uit ’n musiekblys­pel. Net nog ’n jong vrou op haar spesiale dag, sou jy dink, maar agter dié romantiese toneel is ’n verhaal wat mense landwyd laat gons het.

Dit was ses jaar gelede toe die liefdesdri­ehoek tussen ’n ma van Pretoria, haar dogter en dié se kêrel op die lappe kom. Deon Helberg was nog in matriek toe die veel ouer Manda Reyneke ’n verhouding met hom aanknoop. Maar toe dié belowende jong rugbyspele­r van die Blou Bulle wil losbreek van Manda (toe 47), bied sy Nigeriese mans geld aan om Deon (toe 21) aan te rand . . .

Vandag is die pyn van daardie skandaal vergete vir Jalien Reyneke (25) waar sy langs haar aanstaande staan in die tuin van die Mooiplaats­ie-trouplek oos van Pretoria. Sy is oorgehaal om ’n nuwe lewe saam met Anton Human te begin.

En Manda? Sy is ook hier vir haar dogter se groot dag – en daar is geen teken van die onmin tussen hulle oor Deon waaroor Jalien in ’n onderhoud met Huisgenoot in Junie 2012 gepraat het nie.

Ook op die troue is Jalien se pa en Manda se eksman, Dave. Manda het in dieselfde onderhoud in 2012 aan ons verduideli­k haar huwelik met Dave het sy vonk verloor weens haar verhouding met Deon. Sy gebruik nou haar nooiensvan, Malan.

Ná die privaat plegtighei­d het Manda net telefonies aan ons gesê: “Dit was baie, baie spesiaal.” Sy het verduideli­k dat Jalien en Anton uit die kollig wil bly. Jalien het nie Huisgenoot se oproepe beantwoord nie. Maar op ’n video van die troue wat Who’s Anna Photograph­y op YouTube geplaas het, lig Anton sy nuwe bruid se hand soos ’n triomfante­like bokser s’n omhoog nadat hulle die huwelikspl­egtigheid met ’n soen voltrek het.

Hierdie dag is haar groot oorwinning.

VIR Jalien en Manda was dit geensins ’n maklike pad tot by die idilliese huwelikspl­egtigheid by Mooiplaats­ie nie.

In 2010 is Manda in hegtenis geneem weens sameswerin­g tot aanranding. Sy het skuld beken en is skuldig bevind aan aanhitsing tot ernstige aanranding. Haar vonnis, in 2011, was ses maande gemeenskap­sdiens, sielkundig­e terapie en ’n tronkstraf van drie jaar, opgeskort vir vyf jaar. Dié vonnis verstryk in November vanjaar.

Die skandaal was die einde van Deon en Jalien se verhouding en het ’n skeuring tussen ma en dogter veroorsaak.

In Junie 2012 het Jalien vir Huisgenoot vertel sy het haar ma vergewe, maar eers nadat sy lank “woedend en seer” was, het sy erken.

In ’n onderhoud met die Australies­e weergawe van die aktualitei­tsprogram 60 Minutes het Jalien destyds gesê: “Ek het verraai gevoel deur hulle albei, maar veral deur my ma.

“Sy het by my eerste liefde, my kêrel, geslaap . . . Sy is my ma.”

Manda het op haar beurt vertel sy het nooit aan Deon as haar dogter se kêrel gedink nie: “In daardie stadium het ek hom liewer as my eie dogter gehad.”

Benewens die skeuring met haar dogter het Manda se huwelik met Dave Reyneke in die skeihof beland.

Maar Jalien het ook vir Huisgenoot

gesê haar ma het haar eintlik op’ n vreemde manier ’n guns bewys. “Sy het my gewys wie Deon is.”

Anton, ’n dokter van Pretoria, en Jalien het twee jaar gelede begin uitgaan. Sy werk deesdae as bemarking s koördineer­derby Enzoani, ’n trourok verskaffer, en as verkoop s konsultant by Bridal Warehou se. Sy doen ook modelwerk.

Die twee deel graag hul romanse op sosiale media. Met dies es maandeherd­enking van hul verhouding het Jalien op Instagram aan Anton geskryf: “So baie dinge het verander en ek lief elke oomblik daarvan; kan nie wag vir die res nie. Dankie dat jy my aanvaar met al my foute, dat jy by my staan wanneer ek op my swakste is en lief is vir my deur die res. Ek is lief vir jou.”

Anton het selfs Jalien se naam op sy pols laat tatoeëer en wys dit op ’n Instagram-foto.

Daarby verklaar Jalien weer haar ewige liefde vir hom.

Op 18 Desember 2015 het hy op die Vrede en Lust-landgoed buite die Paarl gekniel en die jawoord gevra, weer ’n oomblik wat op Instagram gedeel is. “Pure vreugde. Kon ja sê vir my beste vriend. 18 Desember op die Vrede en Lust-plaas was die grootste verrassing van my lewe,” het Jalien daarby geskryf.

En toe kom 9 Julie, hul troudag.

MANDA het ’n belangrike bydrae tot die sukses van haar dogter se groot dag gelewer. Op die onthaal, met sy stylvolle boheemse tema, was die blomme op die keurig versierde houttafels onder meer Manda se handewerk.

Lee-Ann van der Westhuizen, van Who’sAnnah Photograph­y, skryf by die trouvideo op YouTube: “Jalien se ma, wat bekend is as ’n ongeloofli­ke gasvrou, het net haar persoonlik­e stempel afgedruk op ’n dag wat mooi en suksesvol was.”

In die video kan gesien word hoe Manda, sjiek in ’ n swart rok, die gaste en bruidspaar met ’n mikrofoon in die hand toespreek, maar haar woorde kan nie gehoor word nie. Die video het ’n musiekklan­kbaan.

Oor Jalien het Lee-Ann by die video geskryf: “O, en staar maar wanneer julle die pragtige bruid sien. ’n Beeld van wat aan die binnekant is.

“Ek glo en hoop die stop-motion replays is nie net die soete liefde wat Jalien en Anton deel nie . . . Maar ook die ongeloofli­ke wil-nie-vir-’n-oomblik-sit-nie-uitvrees-ek-loop-iets-mis-gevoel wat ek gehad het.”

Tydens die fotosessie kon Anton steeds nie sy oë van sy bruid afhaal nie en het hy kort-kort ’n soen gesteel.

Later het Jalien ’n foto van haar en Anton wat soen op Instagram geplaas. Op die agtergrond is die woord “love” uitgespel in groot, verligte bruin letters.

En by die foto het sy geskryf: “Mevrou Human #married #humantroue #mybestfrie­nd #bestnighte­ver #perfectday #forever #favouriteh­uman.”

‘Dankie dat jy my aanvaar met al my foute, dat jy by my staan wanneer ek op my swakste is . . .’

 ??  ?? ONDER: Dr. Anton Human trou met Jalien Reyneke. REGS: Die verliefdes koer gereeld op sosiale media. REGS ONDER: Anton het Jalien se naam op sy pols laat tatoeëer.
ONDER: Dr. Anton Human trou met Jalien Reyneke. REGS: Die verliefdes koer gereeld op sosiale media. REGS ONDER: Anton het Jalien se naam op sy pols laat tatoeëer.
 ??  ?? BO: Manda Malan (sy gebruik nou haar nooiensvan) aan die woord op Jalien se troue, wat sy as “baie spesiaal” beskryf. ONDER: Anton en Jalien sny die troukoek.
BO: Manda Malan (sy gebruik nou haar nooiensvan) aan die woord op Jalien se troue, wat sy as “baie spesiaal” beskryf. ONDER: Anton en Jalien sny die troukoek.
 ??  ?? Manda (HEEL LINKS) is in 2010 aangekeer (LINKS) omdat sy mans betaal het om Deon Helberg (ONDER) aan te rand nadat hy belangstel­ling in haar verloor het.
Manda (HEEL LINKS) is in 2010 aangekeer (LINKS) omdat sy mans betaal het om Deon Helberg (ONDER) aan te rand nadat hy belangstel­ling in haar verloor het.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa