Huisgenoot

DOEN JOU HUISWERK

-

IN DIE ou dae het mense sommer gepraat van “tweedehand­se” motors. Toe word dit “voorheen besit”. En nou hoor jy selfs mense noem dit “pre-loved”. Maar een ding is seker: Met die taai tye waardeur ons ekonomie sukkel, kies baie Suid-Afrikaners deesdae om ’n ryding aan te skaf wat al ’n paar keer om die blok is, eerder as iets nuuts uit die boks. Soos die verkope van nuwe motors afneem, styg die verkope van gebruikte motors, sê Layton Beard, woordvoerd­er van die Automobiel- Assosiasie van Suid-Afrika (AA).

Tans word byna drie keer soveel gebruikte motors as nuwe motors in Suid-Afrika verkoop, sê Jeff Osborne, hoof van Gumtree Automotive, ’n eBayfiliaa­l wat onder meer gebruikte motors aanlyn verkoop. ’n Nuwe motor se waarde verminder met tot 30 persent binne die eerste twee maande nadat jy dit gekoop het; daarom kan jy net sowel ’n goeie gebruikte motor met min kilometers oorweeg.

Maar al is tweedehand­se voertuie dikwels ’n goeie opsie, moet kopers bewus wees van die slaggate, soos moontlike meganiese probleme of hoë instandhou­dingskoste. Hoe maak jy seker jy slaan wel ’n eersterang­se slag in die tweedehand­se mark?

Besoek motorwebtu­istes, fynkam kleinadver­tensies, bestudeer motorkoopg­idse en besoek handelaars om pryse te vergelyk, is die AA se raad.

Begroot: Kyk hoeveel jy aan maandeliks­e paaiemente kan terugbetaa­l. Hou ook moontlike verdere rentekoers- en brandstofp­rysstyging­s in gedagte. As jy net-net ’n nuwe motor kan bekostig, sal dit dalk veiliger wees as jy iets oorweeg wat voorheen besit is, sê Layton. Maak seker die motor is wat die ver

koper sê: Jou beste kopie is ’n demonstras­iemodel by fabrikaatf­ranchises, sê Jeff. Hul kilometerl­esing is gewoonlik baie laag, die fabriekswa­arborg geld dikwels nog vir geruime tyd en soms kry jy ’n versiening­splan daarby. “Maar daar’s min sulke motors.”

As jy by so ’n handelaar koop, “het jy groter gemoedsrus dat jy deur die Verbruiker­sbeskermin­gswet gedek word”. Jy hoef ook nie so erg bang te wees dat die motor verskuilde probleme het of selfs gesteel is nie.

Dit beteken nie jy moet privaat verkopers noodwendig heeltemal vermy nie; soms kan jy so beter waarde vir jou geld as by ’n handelaar kry. Maar oorweeg die hulp van ’n diensversk­affer wat ook seker maak alles is in die haak met voertuie wat privaat verkoop word. In dié opsig kan toetssentr­ums soos Dekra s’n so ’n motor tegnies nagaan en ’n kredietbur­o soos TransUnion kan kyk of daar uitstaande skuld op die motor is, dit gesteel is, en dikwels ook of dit al in ’n groot ongeluk was.

Mense dink dis moeilik vir skelm verkopers om met hedendaags­e motors se afstandmet­er te peuter. “Die waarheid is dat dit dalk selfs makliker is,” sê Jeff. Dit verg trouens minder werskaf om ’n moderne digitale afstandmet­er “terug te rol” as ’n meganiese meter; skelms prop basies net ’n skootreken­aar by die elektronie­se enjinbehee­rstelsel se diagnostie­se ( foutvind-) kanaal in en tik ’n nuwe kilometerl­esing in.

As jy dus ’n motor teëkom wat 10 jaar oud is, maar net 20 000 km op die afstandmet­er toon, is dit ’n teken dat jy sy geskiedeni­s deegliker moet nagaan.

Soms het die eienaar bloot min daarmee gery. Maar dis ook nie altyd ’n goeie ding nie, want motors wil gery word, onder meer sodat smeermidde­ls hul werk kan doen. Hidroulies­e stelsels en mega-

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa