Huisgenoot

BEHOORLIKE TOETSRIT

-

niesenie werkingkin kan daaronderd­a ly asa ’n mo- tor te l lankk staan.

“Dit is kritiek belangrik dat ’n motor ’n geloofwaar­dige, gestempeld­e diensboek moet hê,” sê Jeff. “Alle inligting oor ’n motor word ook deesdae op franchises se stelsels vasgelê. As ’n handelaar sê ’n diensboek is weg of die diensgeski­edenis is nie op ’n stelsel beskikbaar nie, stap liewer weg; dis dalk ’n teken van ’n toesmeerde­ry.”

Die Verbruiker­sbeskermin­gswet vereis dat verkopers heeltemal oop kaarte speel as die motor al in ’n ongeluk was. Maar geringe ongelukkie­s, soos ’n stamp teen die buffer, behoort nie jou besluit te beinvloed nie, sê Layton. torhuis of vertoonkam­er,” sê Layton.

Maak seker die verfwerk lyk oral dieselfde; selfs geringe kleurveran­derings kan beteken panele is vervang en dat die motor in ’n ongeluk was. Slordige spuitverfw­erk aan die binnekant van die bakwerkpan­ele (kyk daarvoor met die deure oop) kan ook op herstelwer­k ná ’n ongeluk dui. So ook oneweredig­e gleuwe tussen bakwerkpan­ele of skewe panele.

Kyk of al die deure, die enjinkap en die bagasiebak behoorlik oop- en toemaak, en let op na roes, veral in nate en aan die rand van die deure.

Dis belangrik om te kyk dat die verwering van die motor met die afstandmet­erlesing rym. Die verwering van die rem-, koppelaar- en versneller­pedaal se rubberoppe­rvlak moet strook met daardie lesing. As dit byvoorbeel­d 10 000 km is, behoort hulle nog so te sê nuut te lyk.

Let op na enige fyn krake of kepies in die ruitglas, en toets al die ligte en ruitveërs. motor in te skuif en die onderstel en stuurkolom na te gaan nie, beveel Layton aan. Voel aan die uitlaatpyp en maak seker dis droog; ’n swart, ghrieserig­e afskeiding kan gebrande olie beteken.

Bande wat oneweredig afgeloop het, kan ook op groter probleme dui as wat met wielbelyni­ng reggestel kan word.

Werk al die veiligheid­sgordels, is daar genoeg plek vir ’n babastoel voor en agter indien nodig, sluit al die deure, skuif elke venster tot bo toe en is die remme in ’n uitstekend­e toestand? Bande word, helaas, soms oor die hoof gesien, maan Layton. Dis allerbelan­grik: “Want as ’n verweerde of beskadigde band teen 120 km/h bars . . .”

Veiligheid:

Vandag se motors moet meestal met die eerste probeersla­g aanskakel, sê Layton. Let op na stuur- of remproblem­e, dat ratte egalig oorskakel en of daar tekens is van probleme soos enjinoorve­rhitting.

Dring aan op ’n voldoende rit: Jy moet na die hoogste rat kan verwissel en tot by 120 km/h kan versnel om te verseker die enjin het genoeg oemf, dat die motor deurgaans stabiel op die pad voel, en bloot dat jy gemaklik agter die stuur en in jou sitplek is.

Neem ’n werktuigku­ndige saam of ’n vriend wat iets van motors weet, sê Jeff, “en ry ver genoeg dat die enjin sy normale temperatuu­r bereik. Let op na ongewone geluide soos ’n geklop of geratel, na stuurvibra­sies en of die motor na eenkant swenk wanneer jy rem. Dit kan alles dui op ongelukska­de of oormatige slytasie.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa