Huisgenoot

WELGEDAAN, OU BEES!

Eddie ‘The Beast’ Hall het die eerste man geword wat ’n halfton optel, al het bloedvate in sy brein in die slag gebly

- Saamgestel deur MIEKE VLOK

HY IS al keer op keer as die sterkste man in Engeland aangewys – en nou kan Eddie Hall ( 28) boonop daarmee spog dat hy al man op aarde is wat al ’n halfton opgelig het. Tog het die toejuiging onlangs by die Deadlift-wêreldkamp­ioenskapsb­yeenkoms in Leeds, Engeland, plek gemaak vir ’n geskokte stilte toe die Britse breker ineenstort pas nadat hy ’n wêreldreko­rd opgestel het.

Nooddiensw­erkers het hulle na Eddie gehaas terwyl die kommentato­r triomfante­lik oor die luidspreke­r herhaal: “500 kg! 500 kg! 500 kg!”

Kort nadat paramedici sy hemp uitgetrek het, was The Beast, soos sy aanhangers hom noem, weer op sy voete terwyl die skare sy naam dreunsing. ’ n Klompie bloedvate het weens die geweldige druk in sy brein gebars en sy neus het begin bloei, maar Eddie was te taai om hom daardeur te laat onderkry.

“Dit het byna my dood beteken. Die druk op my liggaam was onwerklik en ek het daarna flou geword,” het hy aan die Yorkshire Post gesê, maar gou bygevoeg: “Ek is seker dit gaan nog baie lank in die geskiedeni­sboeke staan. Dis ’ n wonderlike gevoel – soos die eerste man op die maan; die eerste man wat ’n myl in minder as vier minute gehardloop het.”

Dié tawwe tienie sê mense raak verniet ontsteld oor sy ineenstort­ing. “Daar is baie verskillen­de sportsoort­e waarin mense agterna van uitputting inmekaarsa­k,” het hy aan die webtuiste Joe gesê. “Erger sportsoort­e bestaan.”

Dit is ook nie die eerste keer dat Eddie, ’n reus van 1,91 m wat die skaal op 182 kg trek, sy liggaam tot uiterstes dryf nie. In 2011 het hy ’n minuut en 18 sekondes lank met uitgestrek­te arms gestaan met ’n gewig van 20 kg in elke hand. Dit het hom ’n nuwe Britse rekord besorg, maar ook ’n sening in sy arm geëis.

Die kragman, oorspronkl­ik van Staffordsh­ire in Engeland, was ’n motorwerkt­uigkundige tot hy in 2010 toevallig begin gewigoptel het. Hy het as liggaamsbo­uer aan kompetisie­s deelgeneem tot die Britse swaargewig Dave Meer weens ’n besering uit ’n kompetisie onttrek en Eddie aangebied het om sy plek in te neem. En toe tree die groentjie as wenner uit die stryd.

Toe hy op 9 Julie ’n volle halfton – meer as twee keer sy eie gewig – triomfante­lik omhoog hou, was hy nie eintlik van plan om hierdie besonderse kragtoer uit te voer nie. Hy het dit net aangepak omdat hy vroeër daardie dag 465 kg opgetel, maar twee ander deelnemers sy rekord daarna verbeter het. Maar sê nou iemand troef sy rekord van 500 kg?

“Ek wil dit nie weer doen nie, maar as iemand anders my rekord verbeter, hel, dan kan ek dit dalk net doen.”

Al lyk hy na ’n bebaarde Wiking vol tatoes, is hy eintlik ’n sagmoedige reus. Die pa van twee beskryf homself as ’n gesinsman. Sy vrou, Alexandra, is glo sy grootste aanhanger. “Ek beskou myself nie as vreesaanja­end nie en sal nooit my grootte gebruik om mense te dreig of te intimideer nie,” sê Eddie.

Sy dieet bestaan uit ’n volle 42 000 kJ per dag, vier keer soveel as wat vir mans aanbeveel word. Hy eet elke dag twee middagetes. Met die een verorber hy 500 g rys en met die ander tot ses snye brood. Vir aandete speel hy klaar met onder meer 1 kg pasta.

Tog glo hy dis nie soseer sy indrukwekk­ende eetplan of ure lange oefensessi­es in die gim wat hom sy wêreldreko­rd help opstel het nie, maar sy innerlike krag.

“As jy na daardie gewig toe stap en jy glo nie jy kan dit optel nie, sal jy nie kan nie. Ek dink ’n mens moet daardie geloof in jouself hê. Dis soos wanneer ’n ma ’n brandende voertuig van haar kind opgelig kry. Jy moet net daardie krag diep in jou hê en glo jy kan dit doen. En ek het dit.” BRONNE: METRO.CO.UK, JOE.CO.UK, TELEGRAPH.CO.UK, DAILYMAIL.CO.UK, YORKSHIREE­VENINGPOST.CO.UK, YOUTUBE.COM

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa