Huisgenoot

9 JY EET EINTLIK NIE GENOEG NIE

-

As jy ’n nuwe, gesonde eetplan b begin volg het en jou inname v van kos by elke maaltyd beperk o of selfs maaltye heeltemal oorsl slaan, gee jy jou liggaam dalk nie gen genoeg brandstof nie. G Geesdrif en wilskrag dra jou dalk deur d die eerste paar dae, maar as jy nie vir jou liggaam gee wat dit nodig het nie, sal jy waarskynli­k nie daarmee kan volhou nie en sal die hongerpyne jou later onderkry. As jy jou kilojoule-inname wil beperk maar nie die hele dag honger wil wees nie, oorweeg dit om maaltye met ’n groentesop of ’n klein slaai as voorgereg te begin. Sulke gesonde voorgeregt­e sal jou langer versadig laat voel, terwyl dit jou ook sal help om meer voedingsto­wwe in te neem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa