Huisgenoot

TE GROOT VIR DOEKE

-

My dogter is besig om te skei. Haar man het haar vyfjarige kind gevat. Die seun is bang vir ’n toilet, maar al te groot vir doeke. My dogter se skoonma bel haar elke dag om geld te vra vir doeke. Wat moet sy doen?

BM op RADS

Tydens ’n hangende egskeiding kan ’n hofbevel verkry word om tussentyds­e reëlings te tref vir die versorging van kinders. Jou skoonseun mag gevolglik nie sommer net die kind gevat het nie.

Julle moet dringend by die Kinderhof ’n saak aanhangig maak. Hierdie arme seuntjie se inkontinen­sieproblee­m en toiletvree­s word moontlik deur die skeiding van sy ma vererger, en ook deur struweling­e en spanning oor sy versorging.

As jou dogter nie ’n regsvertee­nwoordiger het nie, kan sy steeds regshulp kry. Sy moet dit onder haar regsvertee­nwoordiger se aandag bring dat haar kind emosionele en gesondheid­sprobleme kan ondervind omdat hy van haar weggeneem is. Nadat welsynwerk­ers daaroor verslag gelewer het, sal die hof beslis wat in sy beste belang is.

In hierdie omstandigh­ede sal dit net nog meer spanning by jou kleinseun veroorsaak as hy moet ophou doek dra. Sy vrees vir die toilet kan met berading en sy moontlike inkontinen­sie met die leiding van ’n klinieksus­ter opgelos word, maar dit gaan liefdevoll­e toewyding en ’n vaste roetine verg.

Hy sal binnekort preprimêre skool toe moet gaan en sal dan nie meer kan doeke dra nie.

Maak asseblief so gou moontlik werk hiervan om hom enige hartseer en vernederin­g te spaar en om te keer dat hy eers later sal kan begin skoolgaan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa