Huisgenoot

MAATSOEK TAAI NÁ KÊREL SY EIE LEWE NEEM

-

Ek is 30 jaar oud en was 12 jaar lank in ’n verhouding. Ons het nooit getrou nie, maar het ’n kind saam. Ses jaar gelede het my verhouding­smaat sy lewe geneem. Wanneer ek sedertdien ’n verhouding probeer aanknoop, kry ek net seer. Hoe gaan ek vorentoe? Dit voel of mans net een ding soek.

KTR in NQ

Ná die selfdood van ’n maat met wie hulle lank hul lewe gedeel het, vind party oorlewende­s dit dikwels moeilik om werklik met hul lewe aan te gaan. Tog leer hulle maniere aan om aan te pas by hoe hul lewe nou werk.

In hierdie stadium moet jy jou daarop toespits om jouself te beskerm, want jy wil jou nie weer oopstel vir verlies nie. Jy sal dus nie maklik nuwe, betekenisv­olle verhouding­s kan aanknoop nie.

Moet egter nie daarop fokus nie. Probeer om weer vir jouself en jou kind iets positiefs in die lewe te skep eerder as om in ’n kringloop van negatiewe verhouding­s te beland.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa