Huisgenoot

OPBRENGS EN RENTE

-

Die lid se aftreefond­svoordele behoort beleggings­opbrengste te verdien tot dit uitgekeer word en rente tot dit uitbetaal word. Enige verdienste tot op die datum van die belastinga­anwysing maak deel van die aftreefond­svoordele uit. Enige rente wat ná die datum van die belastinga­anwysing verdien word, word gewoonlik bygevoeg wanneer die voordeel uitbetaal word. Die rentekoers is dan dieselfde as vir die rente wat dit in die fonds se bankrekeni­ng verdien het.

Russell Anderson van die Spaar-en-beleggings­vereniging van Suid-Afrika beveel aan dat jy ’n knap finansiële adviseur raadpleeg, want daar is talle opsies en jy moet reg beplan sodat jy die beste inkomste kan kry solank jy leef.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa