Huisgenoot

SKULD VEREFFEN

Die wraak van ’n vernederde vrou moet nooit onderskat word nie

- Deur CLIFFORDEN­E NORTON Illustrasi­e: MIEKE VAN DER MERWE

SAM verwens haar ma se opvoeding toe Julia Vincent se gesig haar saam met die oggendlug begroet. Dis die laaste ding wat sy verwag het. Sy voel hoe haar maniere haar die versoeking laat weerstaan om die deur in die vrou se volmaak gegrimeerd­e gesig toe te klap.

Hier staan sy op haar drumpel in ’n roomkleuri­ge linnebroek­pak met ’n vrolike geblomde bloes en haar Jackie Ohaarstyl. Julia is elegant en mooi, slim genoeg vir ’n LL.B.-graad aan Maties en ’n uitstekend­e pos by een van die topprokure­ursfirmas; tradisione­el genoeg om dit alles vir huis en haard op te offer.

Wat maak sy hier?

“Goeiemôre, Samantha. Ek is jammer ek daag sonder ’n afspraak op, maar het jy dalk ’n oomblikkie?”

Sonder haar gebruiklik­e koppie koffie kan Sam nie aan ’n goeie rede dink waarom sy op ’n Saterdagog­gend nie ’n “oomblikkie” het nie. Sy maak die deur groter oop. In haar sitkamer, waar Julia ongemaklik rondstaan tussen die bont stoele, die seerowersk­is wat as tafel dien en ’n groot Frida Kahlo-plakkaat, weet Sam sy sien nie kans vir hierdie vrou nie, en nie sonder ’n koppie koffie agter die blad nie.

“Ek stap saam met jou,” sê Julia toe sy haar wil verskoon. Sy wou na die kombuis vlug om haar reg te ruk en ’n bietjie innerlike kalmte te vind. Hoekom moet die vrou so blêddie wees? kners Sam onderlangs. Dit maak dit moeiliker om nee te sê.

“Sit.” Sy beduie na een van die kroegstoel­e by die marmereila­nd terwyl sy die ketel aanskakel. Sy maak haar kaste oop en wens haar Royal Albert-koppies was binne raakvat-afstand. Maar nee, Julia sal maar uit haar groot 500 ml-bekers met die woorde “Put on some gangsta rap and handle it” moet drink.

“Ek dink jy weet waarom ek hier is,” praat die goed gemoduleer­de stem agter haar. Sy trek haar skouers op, kamma ongeërg. “Geen idee nie. Van al die scenario’s wat ek my verbeel het . . . Ek sou jou met my rekenaar oor die kop slaan as ek jou by die Waterfront raakloop, wyn in jou gesig gooi, jou selfs omstamp in die straat. Jy wat by my huis opdaag, is nie een van my fantasieë nie. Wat kan ek vir jou doen, Julia Vincent?”

“Ek weet jy volg die nuus, Samantha. Jy weet my lewe is besig om uitmekaar te val. Hemel, ’n mens kan nie wegkom van die foto’s nie. Op Facebook, Twitter.”

Om uitmekaar te val, inderdaad. ’n Politikus met ’n prostituut? Praat van ’n cliché! En Victor het altyd gespog oor watter unieke mens hy is.

Vir Julia is dit agt jaar van haar lewe wat nou besig is om voor die oë van die land uit te rafel terwyl almal toekyk asof dit vermaak is. Dit kon sy wat Sam is gewees het: verneder en bejammer. Vreemd, toe Victor haar destyds laat verstaan Julia is sy keuse, het sy nooit gedink sy sal eendag dankbaar wees daaroor nie. Victor het ’n vrou verkies wat sy politieke loopbaan kan aanhelp en hy het blykbaar reg besluit, want sy sou nie tydens dié gemors waardig gebly het nie.

“Waarom is jy hier, Julia?” Sy sit die skinkbord tussen hulle neer en trek haar koffie nader. Toe haar oë Julia s’n ontmoet, sien sy nie die Suid-Afrikaanse Jackie O nie; net nog ’n vrou wat deur haar geliefde teleurgest­el is.

“Ek . . . Ek . . . Jy is nie soos ek gedink het jy sou wees nie.” “Huh?” “Jy. Voor ek aan jou deur geklop het, was ek seker jy sou die deur in my gesig toeklap. Maar jy het nie. Niks aan jou optrede verraai jy haat my nie. Jy is heel anders as wat Victor jou geskets het.” “Hoe het Victor my geskets?” “Hardkoppig, opsetlik en uittartend.” “Hy is reg, ek is dit alles, behalwe opsetlik. Ek het niks opsetlik gedoen nie. Victor kon nooit verstaan my menswees

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa