Huisgenoot

SLAAN STRES

-

Wel, nou nie regtig nie. Maar op hul eie is aartappels en piesangs wonderlike peuselhapp­ies teen stres. Die kalium in albei help jou bloeddruk reguleer, wat styg wanneer jy gespanne is. Dit sal ook die energie aanvul wat stres uit jou tap. ’n Gesigsmass­ering is ’n vinnige regmaker vir ’n spanningsh­oofpyn. En al wat jy nodig het, is jou hande. Daar is baie YouTube-video’s met aanwysings oor masserings wat stres verlig. Maar begin deur jou duime onder jou wenkbroue te hou en klein, ferm sirkelbewe­gings te maak tot die spanning wegsypel. Sekere reuke verminder stres. Aromaterap­ieolies soos laventel en peperment sal jou gefokus hou wanneer dit voel of jy in ’n streswolk begin verdwaal. Die reuk van groen appels verlig glo ook ’n spanningsh­oofpyn.

Maar kies geskikte tye hiervoor (by die skool is nou nie juis die volmaakte tyd nie). Soen stel endorfiene (daai goedvoelho­rmone) vry, wat jou lyf ’n inspuiting van geluk gee om stres te help verlaag.

Het jy ’n lewendige verbeeldin­g? Gebruik dit. Skep vyf minute lank ’n vreedsame scenario in jou verbeeldin­g. As jy alles daarin sit, sal jou brein begin glo dis die werklikhei­d. Dagdroom dat Liam Hemsworth of Zayn Malik jou ’n stywe drukkie gee, of dat jy pas die Lotto gewen het . . . jy sal dalk gou minder gespanne voel.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa