Huisgenoot

WIE KON DEELNEEM?

-

Alle Griekse mans wat nie slawe was nie, kon aan die antieke Olimpiese Spele deelneem, ongeag of hulle ryk of arm was. Skaapwagte­rs, koninklike­s en filosowe het almal daaraan deelgeneem. Griekse stede het die beste atlete uit hul gimnasiums gekies om hul stad by die Spele te verteenwoo­rdig. Hulle moes maande lank vir die geleenthei­d oefen en by hul aankoms in Olimpia vir hul atletiekno­mmers kwalifisee­r.

Vroue is nie toegelaat om deel te neem nie en getroude vroue kon die doodstraf kry as hulle die Spele sou bywoon. Gelukkig kon ongetroude vroue elke vier jaar hul eie atletiekby­eenkoms, die Heraia, in Olimpia hou.

Die wen-atlete is nes vandag as helde beskou. Party het lang loopbane gehad, soos die bokser Theagenes van Thasos, wat 22 jaar onoorwonne was. Maar ander se sukses het hartseer geëindig, soos dié van die atleet Astilos van Kroton, wat omgekoop is om vir die stad Sirakuse te hardloop. Sy familie het hom onteien en verban.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa