KUL JOU HIER, KUL JOU DAAR MET ’N REKENAAR
Gedink sien is glo? Dink weer, want baie van die beelde op TV- en fliekskerms is pure oëverblindery
S NAGTEWARE wat ’n akteur jare jonger laat lyk of rekenaartruuks wat vir superrealistiese aksietonele sorg – die rolprentbedryf voer oëverblindery nou na ongekende vlakke. Logan Hill kon sy oë en ore soms nie glo nie. ADAT hy in drie episodes van die Amerikaanse televisiedrama Salem gespeel het, het ’n akteur in ’n belangrike rol onlangs die reeks om persoonlike redes verlaat. ’n Paar jaar gelede sou dit ’n duur fiasko veroorsaak het, maar nie nou nie. “Dit was glad nie nodig om tonele oor te skiet nie,” sê die veteraan uitvoerende vervaardiger Brannon Braga. “Ons vervang bloot sy gesig met ’n nuwe akteur s’n.”
Deesdae is digitale gesigsvervanging net een tegniek in Hollywood se arsenaal. Brannon gebruik gereeld rekenaarbeelde om akteurs beter te laat lyk, “of dit ’n puisie is of ’n aktrise wat op daardie dag sakkies onder haar oë het, of om ’n tepel in ’n sekstoneel uit te vee”. Toe ’n aktrise ’n neusring kry sonder om hom daarvan te sê, het sy naproduksiespan dit teen ’n koste van “tienduisende dollars” verwyder.
Sulke werk kan ’n duur storie raak, maar dis nou die standaard in die bedryf. “Kyk, ons het die hele Alex andriabiblioteek herskep,” sê Brannon, met verwysing na sy werk aan Neil deGrasse Tyson se dokumentêre reeks Cosmos: A Spacetime Odyssey. “Hoekom sal ons nie ontslae raak van ’n koekiekrummel op Neil se snor nie?”
Brannon is geen baanbreker nie; hy gebruik bloot digitale tegnieke wat in die afgelope dekade alomteenwoordig geraak het – al is dit grotendeels onsigbaar vir die meeste gehore.